Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Nizaam Carr draf steeds voor vir Bulle

Nizaam Carr sal Saterdag op Loftus Versfeld die Bulle teen die Leeus aanvoer in die spanne se Reënboogbeker-ontmoeting.

Nizaam Carr behou die Bulle se kapteinskap in die Bok Duane Vermeulen se afwesigheid. Foto: Gallo Images

Die Springbokke Duane Vermeulen, wat die span verlede seisoen gelei het, en Trevor Nyakane is uit ’n nasionale oogpunt nie oorweeg om teen die Leeus te speel nie.

Jake White, die Bulle se afrigter, het ’n opwindende agterlyn gekies, wat die aanwins uit Kimberley, James Verity-Amm, op heelagter insluit.

Verity-Amm, Madosh Tambwe en Stravino Jacobs, wat herstel het van ’n besering, vorm die Bulle se agterste trio.

Die Bulle het drie Bokke – Morné Steyn, Arno Botha en Lizo Gqoboka – op die plaasvervangersbank gekies.

Die slot Walt Steenkamp is ook weer by die 23-tal ingesluit nadat ’n hartkwaal aan die begin van die jaar by hom gediagnoseer is.

• Bulle: James Verity-Amm, Madosh Tambwe, Marco Jansen van Vuren, Cornal Hendricks, Stravino Jacobs, Chris Smith, Embrose Papier, Nizaam Carr (k), Elrigh Louw, Marco van Staden, Ruan Nortjé, Janko Swanepoel, Mornay Smith, Johan Grobbelaar, Gerhard Steenekamp. PLAASVERVANGERS: Joe van Zyl, Lizo Gqoboka, Jacques van Rooyen, Walt Steenkamp, Arno Botha, Zak Burger, Morné Steyn, David Kriel.

Meer oor:  Jake White  |  Bulle  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.