Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Carr-hulle verras fêns met oproepe

Hoe gaan dit?

’n Alledaagse vraag wat selde ’n uitnodiging is op ’n opregte antwoord, maar dis ’n ander storie as dit jou gunstelingrugbyspeler is wat uit die bloute skakel.

Die voormalige Springbok-losvoorspeler Nizaam Carr maak stem dik vir die Engelse klub Wasps. Foto: Getty Images

Nizaam Carr, voormalige Springbok-losvoorspeler wat nou vir Wasps in Engeland speel, sê spelers van dié klub is te midde van die opskorting van hul seisoen weens die Covid-19-pandemie gereeld in kontak met seisoenkaartjiehouers.

“Ons het ’n inisiatief begin waar ons ondersteuners bel om hulle te laat weet dat ons hul steun waardeer. Dis nie iets wat die wêreld gaan verander nie, maar as ons oproepe iemand se lewe meer plesierig kan maak, is dit goed,” het Carr in ’n telefoniese onderhoud uit Engeland aan Netwerk24 gesê.

“Die ondersteuners hou geweldig baie daarvan. Ons doen dit nie om enigiets in ruil daarvoor te kry nie. Die spelers gee opreg om vir hulle. Dit versterk die verhouding met ons ondersteuners.”

Carr (28) dink Suid-Afrikaanse spanne kan dieselfde doen en veral die Stormers, wat tradisioneel die grootste skares in Suid-Afrika lok, kan daaruit munt slaan.

“Ek weet uit ervaring hoe lief mense vir die Stormers is. Dis iets wat Suid-Afrika se spanne gerus deur die bank kan doen,” sê hy.

Carr sê daar was ook in sy woonbuurt ’n kreatiewe inisiatief om bejaardes onder die moeilike omstandighede wat deur Covid-19 geskep is te help.

“As jy van buite ’n groen plakker in hul venster sien, weet jy dat daar nie ’n behoefte is nie. Indien die plakker rooi is, het die persoon hulp nodig, hetsy met kruideniersware of iets anders. Dis maar net een van daardie klein dingetjies wat ’n mens kan doen,” sê hy.

Britte is egter nou gevra om van die strate af te bly.

“Ons is in ’n staat van inperking. Om nou te wil uitgaan, is selfsugtig. Ons moet alles in ons vermoë doen om lewens te red. Dis ’n situasie wat buite almal se beheer is en ons kan net bid dat ons deur dit sal kom.”

Die besnoeiing van salarisse in Engelse rugby met 25% was vir spelers onplesierig, maar Carr sê hulle moet onder die omstandighede daarmee vrede maak.

Dit kon erger gewees het. In Suid-Afrika leef baie mense van dag tot dag en gaan hulle nou niks verdien nie.

“As spelers begryp ons dat die situasie buite beheer is en ons is hier vir die klub. Ons wil hê die klub moet vorentoe beweeg,” sê hy.

“Dit kon erger gewees het. In Suid-Afrika leef baie mense van dag tot dag en gaan hulle nou niks verdien nie.”

Carr was ’n trotse Suid-Afrikaner met pres. Cyril Ramaphosa se afkondiging van ’n inperking van 21 dae.

“Ek dink dis baie positief vir Suid-Afrika dat pres. Ramaphosa daardie stap gedoen het. Dis geweldig erg om ’n geliefde persoon in jou lewe te verloor en ek dink die inperking was ’n goeie roep,” sê hy.

Vanuit ’n rugbyperspektief erken Carr dat die spelers sielkundig getoets gaan word.

“By Wasps het ons lekker rugby begin speel en dis baie moeilik om nou te moet hoor dat ons nie meer gaan speel nie. Ons is konstant in die rugbyomgewing en in ’n roetine. Nou’s daar skielik niks nie. Dit gaan sielkundig moeilik vir die spelers wees om te verwerk.”

Meer oor:  Wasps  |  Nizaam Carr  |  Engelse Premierliga  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.