Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Carter bly Bokke is weer sterk

Dan Carter is verheug dat die Bokke in 2018 “weer die vlak bereik het waar ons weet hulle kan wees”.

“As ’n All Black-ondersteuner was dit goed om die Bokke verlede jaar sterk te sien,” het dié voormalige All Black-losskakel vandeesweek in Johannesburg gesê.

Dan Carter skud Fourie du Preez se hand ná die epiese Wêreldbeker-halfeindstryd tussen dié twee spanne in 2015. Foto: Getty Images

Hy het veral na Suid-Afrika se skoksege van 36-34 oor die All Blacks in Wellington verwys.

“Ons is trots daarop om nie by die huis te verloor nie, maar daardie nederlaag teen Suid-Afrika in Wellington was ’n groot ’n wekroep, ’n leerkurwe,” sê hy.

“Dit was dalk iets wat ons nodig gehad het.”

Dit was boonop so hittete of Suid-Afrika het die All Blacks in hul tweede wedstryd op Loftus Versfeld ook geklop. Dit was toe slegs ’n verbete terugvegpoging in die laaste tien minute wat die Kiwi’s van nog ’n nederlaag gered het.

In die jare voor 2018 was daar egter nie sprake van titaniese tweestryde tussen die Bokke en die All Blacks nie. Die grootste laagtepunt in dié trotse geskiedenis was ’n liederlike loesing van 0-57 in Albany in 2017.

“In 2016, 2017 was sake dalk anders, maar dit is goed dat die groot wedywering nou terug is.”

Ons het geweet dit is net ’n kwessie van tyd voordat hulle terug is op die vlak wat ons weet hulle kan bereik en hulle het dit verlede jaar gewys.
Dan Carter

Carter, wat in sy loopbaan 19 keer teen Suid-Afrika gespeel het en slegs vier keer aan die verloorkant was, sê hy was nie verbaas oor Suid-Afrika se goeie spelpeil nie.

“Dit was slegs ’n kwessie van tyd,” sê hy.

“Hulle het ná 2015 se Wêreldbeker-toernooi deur ’n herboufase gegaan.”

Carter het in die halfeindstryd van 2015 se Wêreldbeker-toernooi tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika op Twickenham ’n skepdoel deur die pale gejaag. Danksy daardie skepdoel het Nieu-Seeland naelskraap met 20-18 gewen en die Webb Ellis-trofee ’n week later omhoog gehou.

“Jy sien in die geskiedenis dat spanne tradisioneel sukkel ná ’n Wêreldbeker-jaar wanneer hulle herbou. Suid-Afrika was in daardie boot.

“Ons het geweet dit is net ’n kwessie van tyd voordat hulle terug is op die vlak wat ons weet hulle kan bereik en hulle het dit verlede jaar gewys.

“Dit is wonderlik vir wêreldrugby, dit is wonderlik vir daardie tweestryd (tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika).

“Dit is goed vir internasionale rugby en die Wêreldbeker-toernooi van 2019, want jy het Suid-Afrika op sy beste nodig.”

Meer oor:  Wb-Rugby  |  Bokke  |  Springbokke  |  All Blacks  |  Wêreldbekerrugby  |  Dan Carter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.