Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Carter maak sy terugkeer in klubwedstryd
Die gewese All Black-losskakel Dan Carter onlangs by ’n Blues-oefening in Auckland in aksie. Foto: Getty Images

Die voormalige All Black-losskakel Dan Carter maak dié naweek sy eerste verskyning in ’n rugbywedstryd in Nieu-Seeland sedert 2015.

Hy keer terug na Canterbury, waar hy jare lank vir die Crusaders gespeel het. Hy sal daar vir sy ou klubspan, Southbridge, uitdraf.

Die 38-jarige Carter, wat sy hele loopbaan in Nieu-Seeland vir die Crusaders beroepsrugby gespeel het, het hom onlangs by die Blues in Auckland aangesluit. Talle ondersteuners van die Crusaders het dit as hoogverraad gesien.

Carter was egter nie fiks genoeg om sommer dadelik vir die Blues te speel in die Aotearoa-reeks nie en wil nou eers sy fiksheid in ’n klubwedstryd bewys.

Ek hoop om die blou-en-wit trui van Southbridge aan te trek.
Dan Carter

“Dit is die plan,” het Carter Donderdag aan Nieu-Seeland se Newshub gesê. “Ek hoop om die blou-en-wit trui van Southbridge aan te trek.”

Carter het in die klein, plattelandse omgewing van Southbridge, suid van Christchurch, grootgeword, en het onlangs meer as N$13 000 (sowat R143 000) vir die klub ingesamel deur een van sy All Black-truie te laat opveil.

Hy het by die Blues aangesluit ná tydperke in Frankryk en Japan, maar het nog nie sedert Februarie gespeel nie, nadat Japan se Topliga gekanselleer is weens die koronavirus-pandemie.

Hy het in die laaste 18 maande bitter min gespeel nadat hy ’n nekoperasie in 2019 ondergaan het.

Sy terugkeer dié naweek kan die weg baan om sy debuut vir die Blues teen die Crusaders in Christchurch te maak op 11 Julie.

“Die laaste drie weke het ek intensief geoefen, kontak-oefeninge gedoen en my selfvertroue begin herwin. ’n Bietjie klubrugby glo ek sal my goed doen.

Carter het in 2014 laas vir Southbridge gespeel. – Reuters

Meer oor:  Dan Carter  |  Nieu-Seeland  |  Losskakel  |  Rugby  |  All Black  |  Klubrugby  |  Blues  |  Terugkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.