Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Carter se ‘ouman-kuite’ kos hom

Dan Carter het toegegee dat sy hoop om vir die Blues in Nieu-Seeland se Aotearoa-reeks verskyn waarskynlik daarmee heen is.

Wat sy kanse betref om nog vir die Blues te speel, het Dan Carter waarskynlik die einde van die pad bereik. Foto: Getty Images

Die 38-jarige Carter, wat in 112 toetse as losskakel vir die All Blacks gespeel het, het hom tot die Blues verbind en het in die eerste paar weke van die kompetisie hard gewerk om sy fiksheid weer op peil te kry.

Hy sou op 18 Julie op die plaasvervangerbank gewees het vir die stryd teen Hurricanes. Hy het egter ’n kuitbesering opgedoen en moes hom toe onttrek aan die span en kon nie sy debuut vir die Aucklandse span maak nie.

Carter, wat die afgelope vyf jaar in Frankryk en Japan gespeel het, was voor sy oorsese omswerwinge jare lank ’n steunpilaar in die Crusaders se span.

Met die Blues wat nog net een wedstryd in dié reeks vir Kiwi-Superrugbyspanne oor het, lyk die kanse egter nou skraal dat Carter enigsins speelkans sal kry.

In ’n vraag-en-antwoord-sessie op sosiale media, erken hy sy verwagtinge om te kan speel, was selfs voor daardie besering al min.

“Ek het eintlik nie verwag om te speel nie, tensy daar beserings aan Beauden (Barrett) én Otere (Black) sou wees,” sê Carter.

“Hulle is albei kookwater die laaste paar maande, so ek is tevrede om die span op ander maniere te help.”

Carter sê sy “ouman-kuite” voel goed en dat hy wel hardloop, maar hy gee ook toe sy beserings neem nou langer om te herstel as gewoonlik.

Die Blues het hierdie week ’n ruskans voordat hulle die seisoen afsluit teen die Crusaders op 16 Augustus. Dit is ’n kragmeting wat die wenner van die reeks kan bepaal indien die Crusaders Sondag teen die Highlanders sou verloor.

Die Blues se hulpafrigter Tana Umaga sê daar is nie planne om aan Carter ’n sprokies-terugkeer teen sy eertydse span te gee nie.

“Hy sal net kan speel as hy ’n 100% fiks is,” het Umaga aan The New Zealand Herald gesê.

“Ek dink nie dit is regverdig teenoor hom of die span of enigeen nie (om hom om sentimentele redes te kies). Hy ken sy liggaam beter as enigeen.” – Reuters

Meer oor:  Dan Carter  |  Blues
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.