Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Rugbybaas se salaris met 50% gesny

Raelene Castle, uitvoerende hoof van Rugby Australië (RA), se salaris gaan met die helfte gesny word, en sy het spelers gewaarsku dat hulle ook opofferings sal moet maak.

Raelene Castle, uitvoerende hoof van Rugby Australië. Foto: Getty Images

Castle se aankondiging kom nadat RA ’n voorlopige verlies van $9,4 miljoen vir 2019 getoon het, berig The Sydney Morning Herald

Sy wou nie ’n geldwaarde aan die salarisvermindering heg wat spelers in die oë staar nie, maar het gewaarsku dat dit van uiterste belang is om die “finansiële lewensvatbaarheid van die spel op kort termyn” te verseker.

Dit terwyl RA besig is om sy pad deur die Covid-19-pandemie, wat die sportwêreld tot stilstand gebring het, probeer vind.

Castle, wat $800 000 per jaar verdien, het ook bekend gemaak dat die ander ringkoppe van RA 30% minder gaan verdien.

RA sal Dinsdag met die spelersvereniging vergader, maar Castle sê daar sal nie oorhaastige besluite geneem word nie, berig rugby.com.au.

“Daar is geen twyfel dat daar ’n paar baie moeilike gesprekke op ons wag. Tog weet ons dat die regering aankondigings beplan om mense by te staan (wat weens die koronavirus hul werk verloor of minder betaal word).

“Ons is in gesprekke met die regering om te bepaal wat die toelaag gaan beloop, sodat ons dit in aanmerking kan neem in die besluite wat ons neem,” sê Castle. – Sportredaksie

Meer oor:  Rugby Australië  |  Raelene Castle  |  Covid-19  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.