Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Demetri Catrakilis breek beentjie in keel

Die Engelse rugbyklub Harlequins het bevestig dat die losskakel Demetri Catrakilis (28) ’n beentjie in sy keel gebreek het in Saterdag se oorwinning oor Gloucester.

Demetri Catrakilis Saterdag in aksie vir Harlequins teen Glouster. Foto: Getty Images

Hy sal in die hospitaal aansterk, maar hoef nie geopereer te word nie, sê Harlequins in ’n verklaring.

Dié voormalige Stormers-losskakel is die naweek na ’n hospitaal gebring nadat hy vir ’n wyle opgehou asemhaal het in sy span se oorwinning van 28-17 oor Gloucester in die spanne se Premierliga-wedstryd.

Hy is beseer toe ’n teenstander se skouer sy keel getref het met ’n duikslag minute nadat hy die eerste strafdoel deur die pale gejaag het. – quins.co.uk en sport.bt.com

Meer oor:  Demetri Catrakilis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.