Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Catrakilis op dun ys by die Kings?

Die losskakel Demetri Catrakilis bevind hom tans op dun ys by die Southern Kings.

Sal die Kings se keurders Demetri Catrakilis hierdie Sondag nog ’n kans in hul beginspan gee wanneer die Oos-Kapenaars teen die Scarlets speel? Foto: Gallo Images

Dié 30-jarige losskakel is aan die begin van die Pro14-seisoen met luide trompetgeskal by die Oos-Kaapse franchise verwelkom. In 2013 was hy immers een van die Kings se grootste helde in hul eerste seisoen in Superrugby.

Sedertdien het Catrakilis wye draaie deur die rugbywêreld gegooi en is daar met opgewondenheid uitgesien na sy terugkeer na die Kings. Ongelukkig het Catrakilis sover heelwat las van beserings gehad en wanneer hy wel gespeel het, was sy vertonings nie juis iets om oor huis toe te skryf nie.

Hy kan nie alleen die skuld gegee word vir die Kings se oninspirerende agterspel nie. Maar hy kan wel die een wees wie se kop kan rol ná die afgelope naweek se vieslike nederlaag van 3-68 teen Munster.

“Dalk moet ons ons personeel (spelers) verander of dalk moet ons die wyse waarop ons speel verander. Ons wil in ’n aanvallende styl speel, maar op die oomblik kry ons dit nie reg nie,” het Robbi Kempson, die Kings se waarnemende hoofafrigter, ná die wedstryd gesê.

As die Kings meer wil skop, is Catrakilis sekerlik die regte man op losskakel. Hy kry tans egter nie eens die kans om sy skoptalente uit te stal nie. Teen Munster was dit knaend die skrumskakel Stefan Ungerer wat die bal die lug in gesool het.

Dis nou ook nie juis asof Catrakilis die bal onder geen druk gekry het om wyd te probeer speel nie.

As hy dan gepos gaan word, wat is die opsies? Courtney Winnaar, wat nou ook al vleuel en heelagter vir die Kings gespeel het, is seker die sterkste kandidaat om hom te vervang.

Dalk kan Courtney Winnaar die Kings se agterlyn aan die gang kry. Foto: Gallo Images

Die ander man op toer wat losskakel kan speel, is Eddie Ludick, wat ’n belowende losskakel op skool was. Sedertdien het hy egter meer gereeld senter gespeel en by die Kings word hy op vleuel gebruik.

Kempson het tot Vrydag tyd om te besluit wie Sondag in Wallis sy losskakel teen die Scarlets gaan wees.

Twee spelers wat wel in die span teen die Scarlets sal wees, is die agtsteman Elrigh Louw en die vaskopstut Pieter Scholtz. Albei se skorsings is nou uitgedien. Louw was vir ’n week geskors vir ’n hoogvat en Scholtz vir vier weke weens ’n elmboogstamp.

Meer oor:  Demetri Catrakilis  |  Kings  |  Scarlets  |  Pro14
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.