Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheeky Watson sê uiteindelik koebaai

Dan is dit nou uiteindelik koebaai, Cheeky Watson!

Cheeky Watson, wat pas as die president van die OPRU bedank het. .Foto: Werner Hills

Die omstrede Watson het Dinsdagmiddag laat sy bedanking as president van die Oostelike Provinsie Rugbyunie (OPRU) by die unie se kantore in Port Elizabeth ingedien.

Dit volg op die nuus Maandag dat die OPRU oor sowat ’n maand verkiesing gaan hou.

Die unie, wat verlede jaar weens geldelike probleme begin sink het, is al vir byna ’n jaar onder administrasie van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru).

Daar was wisselende reaksie oor Watson se bedanking.

Qondakele Sompondo, Rhodes-breier en een van Watson se uitgesproke teenstanders, sê hy “is baie bly Cheeky het uiteindelik die koffie geruik en bedank". "Hy moes dit lankal gedoen het.”

Stag Mitchell, wat jare lank in die Watson-kamp was, het gesê hy “salueer” Watson. “Mense moet nie vergeet van al die goeie werk wat Cheeky gedoen het nie,” het dié voorsitter van die PE-Metro-subunie, gesê.”

Zola Yeye, een van die groot rolspelers agter die skerms in OP-rugby. Foto: Werner Hills

En Zola Yeye, ’n voormalige Springbokbestuurder en ’n sterk rolspeler in OP-rugby, het ook op Watson se aanvanklike goeie werk gewys.

“Hy het die OPRU oorgeneem toe dit byna dood was en het dit opgehou,” het Yeye gesê.

Hoe die OP in die afgelope twee jaar weens ’n tekort aan ’n groot borg begin sink het, is ’n ander storie.

Maar vir nou is die rugbygemeenskap in die Oos-Kaap oor die algemeen opgewonde oor die ontwikkelings in OP-rugby.

Yeye, Sompondo en Mitchell was dit almal eens dat die klubs en ander rolspelers nou moet saamwerk om die unie weer op te hef.

“My leuse is ‘eenheid in aksie’,” het Mitchell gesê.

Maar wie moet die unie lei?

Stag Mitchell het daarop gewys dat Cheeky Watson ook goeie dinge as president van OP-rugby gedoen het. Foto: Media24-argiewe

Volgens Mitchell hoef daar nie verder as manne soos Garth Wright, Yeye en Vernon Stuurman gesoek te word nie.

Hy het selfs die naam van Bantwini Matika, een van Watson se grootste teenstanders, as bruikbare leier genoem.

Sompondo het die naam van Willem Oliphant en Maasdorp Cannon van Grahamstad ook ingegooi.

“Wie ook al gekies word, hulle moet OP-rugby se belange op die hart dra, hulle moenie enige agterbakse agendas hê nie,” het Yeye gewaarsku.

“Ons kan nie toelaat dat die OP die grap van SA Rugby is nie.”

Meer oor:  Cheeky Watson  |  Sport  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.