Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetah-slotte terug vir herontmoeting
Hawies Fourie Foto: Gallo Images

Hawies Fourie, afrigter van die Cheetahs, het ná sy span se nederlaag teen die Griekwas in Vrydag se oefenwedstryd weer die lynstane en dryfmale as afdelings uitgesonder waaraan gewerk moet word.

Hy het in dieselfde asem daarop gewys dat hulle nie met hul voorste slotte Kimberley toe is nie. Spelers soos Jean Droste, Rynier Bernardo en Victor Sekekete behoort terug in die span te wees wanneer die spanne oor twee weke in Kimberley in die Cheetahs se eerste Curriebeker-wedstryd herontmoet.

Die Griekwas het Vrydag se oefenwedstryd met 23-19 gewen nadat die Cheetahs talle gulde geleenthede met lynstane met die doellyn in sig deur hul vingers laat glip het.

“Ons lynstane is nog nie goed genoeg nie en ons dryfwerk moet nog verbeter,” sê Fourie.

Ons besit in die lynstane sal beter wees as ons die regte manne weer daar het. Hulle behoort almal reg te wees wanneer die Curriebeker-reeks begin.
Hawies Fourie

“Dit was ontwrigtend vandag om sonder drie van ons vier beste slotte te speel. Ons besit in die lynstane sal beter wees as ons die regte manne weer daar het. Hulle behoort almal reg te wees wanneer die Curriebeker-reeks begin, so dit sal darem ’n groot verskil maak.”

Die breier sê hy was teleurgesteld met die wedstryd as ’n geheel, veral met die spel in die eerste helfte toe hulle min besit gehad het.

Fourie sou graag ook wou sien dat hulle die wind beter in die eerste helfte benut het.

“Ons het saam met die wind gespeel, maar dit nie goed gebruik nie.”

Hy het verwys na twee balle wat oor die doodlyn geskop is en een wat regstreeks uitgeskop is.

Clayton Blommetjies

’n Bal wat die heelagter Clayton Blommetjies van sy kwartlyn af oor die doodlyn gejaag het, het die Griekwas, met die skrum terug op die kwartlyn, terug op die aanval geplaas.

Die tuisspan het rustyd met 13-7 voorgeloop waarna die Cheetahs weer mooi aan die gang gekom het.

“Dit het in die tweede helfte beter gegaan. Ons het ’n bietjie meer besit gekry en dit beter gebruik,” sê Fourie.

“Ons het met meer intensiteit gespeel, maar daar is nog baie werk vir ons voordat ons weer oor twee weke teen die Griekwas speel.”

Die hanteerwerk en besluitneming in die agterlyn kort volgens hom ook aandag.

“Ons het gelukkig darem nog twee weke, maar hierdie twee weke sal ons baie hard moet werk om reg te wees vir wanneer ons weer teen hulle gaan speel.”

Puntemakers:

Griekwas 23 (13) – Drieë: Daniel Kasende, Gideon van der Merwe en Reagan Oranje. Doelskop: George Whitehead. Strafdoele: Tinus de Beer, Whitehead.

Cheetahs 19 (7) – Drieë: Derik Pretorius, Wilmar Arnoldi en Hencus van Wyk. Doelskoppe: Ruan Pienaar (2).


Meer oor:  Clayton Blommetjies  |  Hawies Fourie  |  Bloemfontein  |  Kimberley  |  Cheetahs  |  Afrigter  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.