Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs begin op wennoot teen Poubloues

Die Vrystaat-Cheetahs het hul terugkeer tot die rugbyveld met ’n klinkende oorwinning oor Griekwas afgeskop en in die proses ’n glimlag op hul afrigter se gesig gesit.

Hawies Fourie se troepe het die Poubloues Saterdag met 40-7 in Kimberley in ’n oefenwedstryd geklop.

Hawies Fourie, afrigter van die Vrystaat-Cheetahs. Foto: Mlungisi Louw

Dit was albei spanne se eerste wedstryd nadat die rugbyseisoen vroeër vanjaar weens die Covid-19-pandemie uitgestel is.

So, dit sou sinloos wees om vonkelwynrugby te verwag. Die Cheetahs het wel vroeg vanjaar nog in die Pro14-reeks gespeel, maar die meeste van die tuisspan se spelers het meer as ’n jaar laas in ’n wedstryd gespeel. So daar sou roes wees – maar die realiteit is ook dat die Curriebeker-reeks oor twee weke begin.

“Ons het baie goed begin. Die tempo en die uitvoering was in die eerste 40 of 45 minute hoe ons wou gehad het dit moet wees,” sê Fourie.

“Toe het ons ’n heeltemal ander span opgesit en dit het dalk vir daardie ouens maklik van die kantlyn af gelyk. Hulle het gedink hulle gaan sommer gou vir Griekwas klop. Hulle het baie strafskoppe afgestaan en hanteerfoute begaan. Griekwas het baie goed in die tweede helfte gespeel.”

Toe het ons ’n heeltemal ander span opgesit en dit het dalk vir daardie ouens maklik van die kantlyn af gelyk.
Hawies Fourie

Fourie sê daar was geen beserings nie, met Craig Barry wat die veld verlaat het ná ’n hou op die bobeen, asook Rosko Specman (knie), maar dit was net voorsorg.

Die Bloemfonteiners het teen rustyd met 33-0 voorgeloop.

Die Poubloues se afrigter, Scott Mathie, het duidelik ’n sug van verligting geslaak om eindelik sy span op die veld te kry. Hy is in September 2019 as die span se afrigter aangestel en hierdie was die Poubloues se eerste wedstryd met hom aan die stuur.

“Ek dink ons sal in die volgende week aandag aan ons vaste fasette gee. Ons het daar gesukkel, wat beteken het dat ons baie moes verdedig. As jy die bal op jou eie ingooi nie kan behou nie, staan jy besit af en verdedig jy dat dit klap,” sê Mathie.

“Dit het boonop die Cheetahs momentum gegee. Maar ook, om ná soveel maande van geen kontak nie so baie te verdedig, is hard op die spelers se lywe.”

Daar was ook nie enige ongevalle aan die kant van die Poubloues nie.

Meer oor:  Kimberley  |  Cheetahs  |  Scott Mathie  |  Hawies Fourie  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.