Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs behou losvoorspeler Pokomela
Junior Pokomela Foto: Gallo Images

Die Cheetahs het ’n groot slag geslaan deur die dienste van die sterk losvoorspeler Junior Pokomela te behou.

Die Vrystaat Cheetahs (Edms) Bpk. het, met onderhandelinge volstoom aan die gang, reeds die dienste van ’n paar spelers behou en kan binnekort die name van nog een of twee vername aanwinste byvoeg.

Pokomela was een van die spelers wat in groot aanvraag by ander unies was. Sy kontrak is na verneem word tot 31 Oktober 2022 verleng.

Die stutte Charles Marais en Aranos Coetzee, sowel as die losvoorspeler Aidon Davis, se kontrakte is ook met nog twee jaar verleng.

Die veelsydige Marnus van der Merwe (flank/haker) kan nog drie jaar vir die span beskikbaar wees.

Hy sou waarskynlik hierdie seisoen sy Pro14-buiging gemaak het as die Covid-19-pandemie nie tot die onderbreking van die reeks gelei het nie.

Voorts is die kontrak van Amerika se skrumskakel Ruben de Haas met nog ’n jaar verleng. Hy sou waarskynlik hierdie seisoen sy Pro14-buiging gemaak het as die Covid-19-pandemie nie tot die onderbreking van die reeks gelei het nie.

Die slot Sintu Manjezi het ’n kontrak van twee jaar met die Cheetahs, maar dit klink of hy nou op die radar van Jake White en die Bulle is.

Vroeër is berig Manjezi is op pad Kaap toe om vir die Stormers te speel. Dit sou hom beter blootstelling gee met die oog op hoër louere.

Manjezi het toe gesê hy bly vir eers in Bloemfontein en dat ’n speler by die Cheetahs “enige doelwit kan bereik wat jy vir jouself stel”. Die Cheetahs behoort binnekort te weet waar hulle met die slot staan.

Die Cheetahs se voormalige slot Carl Wegner is ook weer vir hulle beskikbaar nadat hy vir Toyota Verblitz in Japan gespeel het.

Wegner het bevestig hy is veilig terug in die land en dat hy weer ’n geleentheid het om vir die Cheetahs te speel. ’n Amptelike aankondiging daaroor word later verwag.

Rapport het oor die naweek berig dat die Haaie-losvoorspeler Andisa Ntsila ’n Vrystater kan word.

Meer oor:  Hawies Fourie  |  Bloemfontein  |  Kontrakte  |  Cheetahs  |  Pro14-Reeks  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.