Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs breek Kings se harte in doodsnikke

Die Cheetahs bly die Southern Kings se baas, maar dié keer was dit amper anders!

Chris Massyn van die Cheetahs op die aanval teen die Kings in die spanne se Pro14-wedstryd in Port Elizabeth. Foto: Gallo Images

Die Vrystaters het hul onoorwonne rekord teen die Kings in Pro14-wedstryde behou deur die Oos-Kapenaars Saterdag in die Nelson Mandelabaai-stadion in Port Elizabeth met 31-30 te wen.

Ruan Pienaar, die besoekers se plaasvervanger-skrumskakel, het die wenpunte teen die einde, nadat die toeter al geblaas het, met ’n doelskop aangeteken.

Dit was die einste Pienaar wat sy span se laaste drie met ’n hoë hoekskop aangevoer het.

Rhyno Smith, die wenspan se heelagter, het getas-tas na die bal, maar dit onder beheer gekry om te druk.

Dit was ook die einste Pienaar wat ’n reuse-verskil gemaak het toe hy in die tweede helfte as plaasvervanger opgedraf het.

Pienaar het die spel dadelik vinniger gemaak en het ook gesorg dat sy span op die regte plekke op die veld speel.

Die wedstryd is in versengende hitte gespeel en die humeure was by tye net so warm.

Stuart Berry, die skeidsregter, het ’n keer of wat soos ’n verskrikte sekretarisvoël geskarrel om tussen strydende krygers te tree.

Dit was veral die Cheetahs-slot Sintu Manjezi en die Kings se een flank, Ruan Lerm, wat mekaar die hele tyd soos tierboskatte gegryp het.

Die Kings het vir die grootste deel van die wedstryd na die moontlike wenners gelyk, maar ’n swak skrum kort voor die einde naby die Cheetahs se doellyn het die besoekers help ontsnap.

Van die strafskop af het die Cheetahs weer in die Kings se gebied gekom en toe het Pienaar sy towerstaffie geswaai.

* Puntemakers:

Southern Kings 30 (13): Drieë: Bader Pretorius, Stefan Ungerer, JT Jackson. Doelskoppe: Pretorius (3). Strafskoppe: Pretorius (3).

Cheetahs 31 (5): Drieë: Sintu Manjezi (2), Wilmar Arnoldi, Rhyno Smith (2). Doelskoppe: Tian Schoeman (1), Ruan Pienaar (2).

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Cheetahs  |  Pro14-Reeks  |  Southern Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.