Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs druk nege keer teen die Kings

Kom ons wees eerlik: ’n Wentelling van 61-25 kan maklik vertolk word as ’n skouspel. Saterdag se Pro14-wedstryd tussen die Cheetahs en die Kings in Bloemfontein was egter ondanks dié groot wentelling allesbehalwe ’n skouspel.  

Ek het met my oë toe geduik! Die Cheetahs se Malcolm Jaer duik oor die doellyn. Foto: Mlungisi Louw

Dit was nooit te betwyfel dat die Cheetahs die wedstryd teen die Kings sou wen nie, dit het maar gegaan oor hoe groot die telling sou wees.

Die Cheetahs het teen rustyd reeds gemaklik met 28-13 voorgeloop.

Die Vrystaters het gewys hoekom hulle vrees by baie van hul teenstanders inboesem met hul goeie spel, maar, die Vader weet, hoekom het hulle nie die hele seisoen só gespeel nie?

Hulle kon voor die wedstryd geredeneer het dat hulle voor gister se wedstryd reeds 71 drieë gedruk het, maar die span wat Saterdagaand gespeel het, het gewys hulle kan ondanks hul jeugdige ouderdom met taai spanne afreken.

Sou die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, na die wedstryd gekyk het, sou hy geweet het die goeie spel wat hy in die Cheetah-haker Joseph Dweba raakgesien het, was g’n vloek nie.

Hy was weer ’n kordaat mannetjie op die veld en het die Kings behoorlik laat walgooi met sy kraglopies. Daar gaan in die toekoms nog baie van heer Dweba gehoor word.

Die blits Rabs Maxwane kon toe nie die rekord vir drieë in ’n seisoen gedruk sy eie maak nie, maar as hy voortgaan soos dié seisoen, kan hy dit volgende seisoen vermag, mits sy spanmaats minder selfsugtig is.

Vir die Kings het die buitesenter, Harlon Klaasen, twee keer gaan druk en die voormalige Springbok-vleuel Bjorn Basson het ook gaan druk, maar dit was waar alles vir die sukkelende Kings geëindig het.

Hulle was nie uitermatig swak nie, maar hulle het goed gedoen om die Cheetahs van hul doellyn te hou om nie meer as nege drieë te gaan druk nie.

Puntemakers: Cheetahs 61 (28): Drieë: Abongile Nonkontwana, Walt Steenkamp, Joseph Dweba, Shaun Venter (2), Louis Fouché, Benhard Janse van Rensburg, Malcolm Jaer, Boan Venter. Doelskoppe: Tian Schoeman (8). Southern Kings 25 (13): Drieë: Harlon Klaasen (2), Bjorn Basson. Doelskoppe: Masixole Banda (2). Strafdoele: Banda (2).

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs  |  Bloemfontein  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.