Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs het Davids óók in oog

Deon Davids is die verrassingspakkie onder die name wat bespreek word as Franco Smith se opvolger as hoofafrigter van die Cheetahs.

Tot voor dié week is Hawies Fourie as die gunsteling beskou om Smith te vervang.

Deon Davids

Die Maties se hoofafrigter sal ’n gewilde keuse onder Vrystaat-ondersteuners wees vanweë sy vorige betrokkenheid by die Vrystaat en sy sukses by die Maties.

Die proses om ’n opvolger vir Smith te vind, het die afgelope week verdere momentum gekry toe die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, die Cheetahs Donderdag besoek het om hulle by te staan met hulle proses om ’n nuwe afrigter te vind.

Smith het die pos as Italië se hoofafrigter aanvaar. Uitsluitsel sal binnekort verkry word wanneer Smith presies klaarmaak.

Erasmus, wat in die hoedanigheid as die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se direkteur van rugby by die Cheetahs was, het ook met die Vrystaters gepraat oor die moontlikheid van spelers wat deur Saru se jongste kontrakstelsel deur ander unies aan hulle vrygestel kan word.

Franco Smith

Die oud-Cheetah-slot Rory Duncan se naam is ook in verband met die Vrystaatse breierspos genoem, maar hy het gister aan Rapport gesê hy het geen planne om in die nabye toekoms na Suid-Afrika terug te keer nie. Hy is gelukkig in sy rol as afrigter van die Worcester Warriors.

Nog een van die vakante posisies by die Cheetahs, dié van die aanvalsafrigter Dave Williams, kan deur die Stormers se Paul Feeney gevul word. Williams word nou deel van die Haaie se afrigtingspan.

Feeney se kontrak by die Stormers eindig later vanjaar.

Die Cheetahs deel ook tans die dienste van hul skrumafrigter, Daan Human, met die Bulle. Die Bulle wil hom op ’n voltydse basis betrek, wat die Cheetahs later verdere huiswerk kan gee.

Die Cheetahs het nie net die uitdaging om ’n opvolger vir Smith te vind nie.

Verskeie van hul sterre besluit nog oor hul loopbane. Onder hulle tel spelers soos Nico Lee en Ox Nche.

Hulle moet besluit of hulle aanbly en of hulle aanbiedinge elders aanvaar. Albei het opsies plaaslik en oorsee.

Die verwagting is dat Lee sy kontrak tot minstens volgende jaar Mei sal verleng.

Hopelik kan die Cheetahs ook vir Nche behou, wat lank beseer was en nie die laaste tyd oorweeg kon word nie.

Meer oor:  Cheetahs  |  Franco Smith  |  Deon Davids
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.