Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs hoop daar’s vanjaar nog rugby in SA

Gaan daar vanjaar nog hoegenaamd rugby in Suid-Afrika gespeel word?

Dís sekerlik die vraag in menige rugbyspeler en -ondersteuner se gemoed.

Harold Verster, grootbaas van Vrystaatse rugby, en Hawies Fourie, die Cheetahs se hoofafrigter. Foto: Gallo Images

Die kwessie is die naweek opnuut aangeroer in ’n berig wat in Rapport verskyn het, waarin dr. Jan Marais van die Griffons sê enige rugby voor die tweede helfte van volgende jaar sal die welsyn van spelers in gevaar stel, omdat dít waarskynlik die vroegste is wanneer ’n teenmiddel vir Covid-19 beskikbaar kan wees. En sonder ’n teenmiddel kan spelers in ’n kontaksport nie beskerm word nie, het hy gesê.

Soos sake tans staan, is twee beroepspelers in Suid-Afrika, een van die Cheetahs en een van die Leeus (asook ’n personeellid van die Leeus) positief vir die koronavirus getoets.

Nog olie op die vuur was die opmerking van Marais dat hy ten gunste daarvan is dat die Curriebeker-reeks en die Eerste Liga gekanselleer word.

Hy het onder meer gesê sy unie bestee derduisende rande aan toetse vir die koronavirus en sou die CB-reeks byvoorbeeld gekanselleer word, dit sal beteken dat hulle nie uitgawes hoef aan te gaan vir die terugkeer na oefenveld nie.

Ek dink enige Suid-Afrikaanse rugbyspeler wil graag terug wees op die veld sodra dit veilig is.

Die uitvoerende hoof van die Vrystaat-Cheetahs, Harold Verster, het gesê hy het begrip vir wat die naweek gesê is. Die Vrystaat is die verdedigende Curriebeker-kampioen.

“Vrystaat Rugby is ten volle bewus van die impak van Covid-19 en die gevare daaraan verbonde, en ons sal uiteraard mediese advies volg om te begin en derhalwe is dr. Marais se kommentaar baie in die kol.”

Hy het gesê nietemin sal die Vrystaat graag nog vanjaar franchise- of Curriebeker-rugby wil speel.

Marais het ook gesê hy is daarteen gekant dat die Eerste Liga van die Curriebeker-reeks – waarin die Griffons speel – as gevolg van die dodelike impak van die virus gespeel word.

Die hoofafrigter van die Vrystaat-Cheetahs, Hawies Fourie, het op sy beurt gesê hy wil hom nie te veel oor ander se menings uitlaat nie.

“Ons wil almal graag speel. Ek dink enige Suid-Afrikaanse rugbyspeler wil graag terug wees op die veld sodra dit veilig is. So ons hoop ’n manier kan gevind word om vanjaar nog rugby te speel.”

* Daar is vroeër verkeerdelik berig Eduard Coetzee, die uitvoerende hoof van die Haaie, is ten gunste daarvan dat die Curriebeker-reeks en die Eerste Liga gekanselleer word. Coetzee sê hy wil baie graag sien dat rugby vanjaar weer gespeel word.

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs  |  Covid-19  |  Harold Verster  |  Hawies Fourie  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.