Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs hou aan oefen meet Pro14 op ys

Die Cheetahs se oefeninge gaan voort ofskoon die Pro14-reeks vir onbepaald opgeskort is.

“Ons is deel van ’n kompetisie en ons oefening gaan beslis volgende week voort soos normaalweg, sê Hawies Fourie, hoofafrigter van die span.

Hawies Fourie en sy Cheetahs gaan nie ophou oefen omdat die Pro14-reeks opgeskort is nie, hulle wil gereed wees wanneer dit hervat word. Foto: Gallo Images

“Ons behoort volgende week van Pro14-rugby te hoor hoe lank hulle beplan om die kompetisie uit te stel en hoe dinge vorentoe gaan werk en dan sal ons daarvolgens beplan,” sê Fourie.

Sy span sal oudergewoonte Maandag weer vir oefening aanmeld. Hulle sal gereed wees wanneer daar besluit word om die reeks weer te hervat.

Die organiseerders het die kompetisie Donderdag onbepaald opgeskort weens Covid-19.

Die geluk by die ongeluk vir die Cheetahs is dat van hul beseerdes soos die Springbok-skrumskakel Ruan Pienaar nou kans sal kry om te herstel.

Pienaar het las van ’n rugbesering en hy behoort oor drie weke te weet wat sy lot is.

Die flank Junior Pokomela sukkel ook nog met sy knie.

“Die ruskans wat die beseerdes nou kry, kan in der waarheid tot ons voordeel wees. Maar wat die oefening betref, gaan ons voort of ons nou speel of nié, want ons wil die spelers beter maak as wat hulle tans is,” sê Fourie.

Die Cheetahs moet nog agt Pro14-wedstryde speel en het uitgesien om ’n slag weer by die huis te speel.

Hulle sou volgende week teen die onoorwonne Leinster in die eerste van drie agtereenvolgende tuiswedstryde gespeel het.

Die Vrystaat Rugbyunie het in ’n verklaring gesê hy sal inval by die besluite van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie en die riglyne van regerings, nie net in Suid-Afrika nie, maar in die res van die wêreld in terme van Covid-19 vir alle rugby-aktiwiteite.

“Die Pro14-kompetisie is nie gekanselleer nie, maar opgeskort. Dit sal fyn gemonitor word deur die mediese spanne, sowel as die beheerliggame, om die veiligheid van almal betrokke te verseker om die kompetisie te laat hervat indien moontlik,” lui die verklaring.

Meer oor:  Koronavirus  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Covid-19  |  Hawies Fourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.