Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs hou asem op oor Petersen
Sergeal Petersen Foto: Conrad Bornman
Clayton Blommetjies
Uzair Cassiem

Bloemfontein. – Die Cheetah-kamp hou asem op oor ’n skouerbesering wat die vleuel Sergeal Petersen tydens ’n oefening vandeesweek opgedoen het.

Die jong vleuel se regterarm is in ’n hangverband as voorsorgmaatreël en meer duidelikheid sal vandag verkry word wanneer hy die spandokter, Louis Holtzhausen sien.

Petersen (21) het sy skouer Dinsdag in ’n oefening met ’n dryfsak beseer.

“Al wat ons kan sê, is dat Sergeal pyn verduur, dat daar bloeding is en dat die spiere seer is,” het die span se fisioterapeut, JP du Toit, gesê.

“Dit is al wat ons weet, maar hopelik is dit nie te ernstig nie. Ons sal wag om te hoor wat die finale prognose is.”

Petersen was gister ’n toeskouer by die oefenveld.

“My arm is aanvanklik vir drie dae verbind as voorsorgmaatreël en ek gebruik die arm baie min. Dit gaan nou al beter en die pyn is ook al minder,” het Petersen gesê.

Die vleuel Gerrie Labuschagne het ’n kuitbesering opgedoen en sal minstens nog twee of drie weke lank op die krukkelys wees. Daarby het Clayton Blommetjies (heelagter) ook gister se oefening uitgesit.

Hy het ’n harde stamp teen die ribbes weg en kry ook ’n blaaskans.

Die Cheetahs is aan die vooraand van die Superrugby-reeks, reeds sonder die dienste van die Springbok-flank Oupa Mohoje (kniebesering) en dit kan ’n terugslag wees as hulle Petersen boonop ook verloor.

Petersen het op 2 Mei verlede jaar sy eerste Super-wedstryd vir die Cheetahs gespeel.

Hy het verlede seisoen ook vir die Vrystaatse o.21- en Curriebeker-span uitgedraf.

  • Uzair Cassiem (flank) wat aanvanklik by Griekwas gekontrakteer was, sal vir die res van die seisoen sy rugby by die Cheetahs speel. Berig op bl. 12.

Meer oor:  Sergeal Petersen  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.