Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs kan dié skuiwe vir Scarlets maak
William Small-Smith kan moontlik die naweek terugkeer na sy gunsteling-posisie, senter, in die Pro14-wedstryd teen die Scarlets in Llanelli. Foto: Mlungisi Louw

Die terugkeer van William Small-Smith kan een van enkele veranderinge wees in die Cheetahs se beginspan vir hul Pro14-wedstryd teen die Scarlets Saterdag in Llanelli.

Hy kan in die plek van die linkervleuel Anthony Volmink speel.

Die veelsydige Small-Smith was laas in die beginspan teen Munster, maar het toe regtervleuel gespeel.

Louis Fouché sal op binnesenter uitdraf in die Cheetahs se wedstryd teen die Scarlets Saterdag.Foto: Gallo Images

Die afrigter, Hawies Fourie, het vroeër vandeesweek gesê Louis Fouché sal soos vroeër in die reeks weer op senter in die plek van die geskorste Dries Swanepoel ingespan word. Benhard Janse van Rensburg sal dan na buitesenter skuif.

Die stut Boan Venter kan hom die eerste keer in die beginspan vir ’n Pro14-wedstryd bevind.

Hy moet die skoene vol staan van die Springbok-stut Ox Nche wat die Cheetahs verlede week ná die wedstryd teen Connacht vaarwel geroep het om hom by die Haaie in Durban aan te sluit. Dis die enigste verwagte verandering aan die agttal.

Fourie se wedstryd-23-tal word Vrydag aangekondig.

’n Moontlikheid bestaan ook dat die haker Reinach Venter, wat hom Dinsdagaand by die span in Cardiff aangesluit het nadat hy van ’n enkelbesering herstel het, hom op die plaasvervangerbank kan bevind.

Hy behoort egter as plaasvervangerstut ingespan te word, wat beteken dat Wilmar Arnoldi as plaasvervangerhaker behou kan word.

Die Cheetahs het Donderdag in erge koue reënweer in Cardiff geoefen. Reën word ook voorspel vir Saterdag.

Die Cheetahs het Donderdag in erge koue reënweer in Cardiff geoefen.

Reën word ook voorspel vir Saterdag wanneer die wedstryd gespeel word.

* Die veelsydige agterspeler Craig Barry het Donderdag Wallis toe gevlieg om hom hy die Cheetahs aan te sluit, terwyl Swanepoel op sy beurt na Suid-Afrika teruggevlieg het.

Moontlike Cheetahs-span:
Rhyno Smith, Clayton Blommetjies, Benhard Janse van Rensburg, Louis Fouché, Tian Schoeman, Ruan Pienaar (k), Jasper Wiese, Junior Pokomela, Gerhard Olivier, Walt Steenkamp, Sintu Manjezi, Aranos Coetzee, Joseph Dweba, Boan Venter. PLAASVERVANGERS: Wilmar Arnoldi, Reinach Venter, Luan de Bruin, JP du Preez, Sias Koen, Tian Meyer, George Whitehead, Anthony Volmink.


Meer oor:  Louis Fouche  |  William Small-Smith  |  Bloemfontein  |  Rugby  |  Pro14-Reeks  |  Scarlets  |  Senter  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.