Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs kan Jasper wéér verloor
Jasper Wiese op loop met die bal met James Hume van Ulster wat vir ’n vale vasklou. Foto: Getty Images

Die Cheetahs was hulle eie grootste vyand in hul Pro14-wedstryd teen Ulster wat, hulle met 10-20 Saterdagaand in Belfast verloor het, sê dié span se breier, Hawies Fourie.

“Ek het gemengde gevoelens oor die wedstryd, want daar was vir my tye wat ons regtig briljante rugby gespeel het en dan was daar tye wat ons, ons eie grootste vyand was.

“Veral in die eerste helfte het ons vir ’n hele paar minute in hul kwartgebied geboer, drie strafskoppe ná mekaar gekry en toe twee lynstane in ’n ry verloor, net binne en buite hul kwartgebied,” sê Fourie.

“Ek het in veral in die eerste hefte gevoel die uitvoering van dít wat ons wou doen, was nie goed genoeg nie en dit was ’n probleem.

Hulle moes boonop bontstaan by die afbreekpunte, waar die Springbok Marcell Coetzee ’n doring in hul vlees was.

“Hy was baie goed by die afbreekpunte – hy het miskien nie altyd van agter af ingekom nie – maar as ’n speler so goed is by die afbreekpunte, dan kom hulle met ’n bietjie meer weg as wat anders spelers dalk doen.

“Jy moet egter speel soos die skeidsregter blaas en dinge toelaat.

Dit gaan ’n taai stryd tussen ons en Glasgow wees vir ’n derde plek. Ons het darem nog sewe tuiswedstryde.
Hawies Fourie

“Dit was vir my die twee aspekte van ons spel wat ons die wedstryd gekos het – die uitvoering van spel vanaf lynstane en skrums af en die hoeveelheid omgekeerde besit wat ons by die afbreekpunte afgestaan het,” erken Fourie.

Hy voel wel dat dit die Cheetahs se beste vertoning dié seisoen in nat toestande was. Hy kan hy sien dat hulle besig is om goed in daardie toestande aan te pas.

Die Cheetahs (31) het intussen hul derde plek in hul afdeling aan die Glasgow Warriors (34) afgestaan.

“Ek het gesien Glasgow het die Dragons (Cheetahs se volgende teenstander) geklop en dis wat ons nou ook gaan moet doen.

“Dit gaan ’n taai stryd tussen ons en Glasgow wees vir ’n derde plek. Ons het darem nog sewe tuiswedstryde.

“Daar’s nog baie om voor te speel, maar ek is positief na wat ek vanaand (Saterdagaand) gesien het. As ons voortbou op dít wat goed was, dan is ek seker ons sal ons man kan staan en teen die Dragons wen.

Waaroor Fourie-hulle wel bekommerd is, is die feit dat een van hulle staatmakers, die vurige losvoorspeler Jasper Wiese, uitgewys gaan word vir ongeoorloofde spel.

Die haker Wilmar Arnoldi het in die wedstryd ook ’n geelkaart gekry, wat ’n gevoelige slag was.

“Ons het gehoor dat Jasper uitgewys gaan word. Hy het ’n bal skoongemaak vroeg in die eerste helfte, waar dit lyk of hy ’n speler met die skouer of kop getref het, so daar kom moontlik moeilikheid,” sê Fourie.

Die flank Chris Massyn het ’n harde hou teen die kop gekry toe hy ’n duikslag op Coetzee uitgevoer het en kon met die rustyd nie ’n harsingskuddingtoets slaag nie.

* Die Kings se treurmare op toer het intussen Sondagaand voortgeduur. Hierdie keer was dit die Scarlets van Wallis wat 'n bonuspunt-sege oor die span van Port Elizabeth behaal het. Die Scarlets was met 36-17 baas, hoewel die Suid-Afrikaners veral in die eerste 40 minute darem heelwat beter rekenskap van hulself gegee het.


Meer oor:  Ulster  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Marcell Coetzee  |  Hawies Fourie  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.