Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs kan Kings-haker dalk betrek
Jacques du Toit in aksie vir die Cheetahs in hul eerste Pro14-seisoen. Foto: Gallo Images

Hy gaan vir die volgende drie maande fokus op die dinge waaroor hy beheer het en hoewel die besering vir hom ’n groot frustrasie is, het hy vrede daarmee gemaak.

So sê die Cheetah-haker Wilmar Arnoldi, wat Saterdagaand ’n operasie ondergaan het om sy gekraakte wangbeen te herstel, nadat hy dit vroeër die dag beseer het in ’n kontaksessie van die Cheetahs in Bloemfontein.

“Ja, dis ’n groot frustrasie, maar ek kan ten minste oor ’n week of wat weer in die gimnasium begin werk en hardloop, dis nie asof ek ’n been of arm gebreek het nie. Dis deel van die spel en daar is niks wat ek daaraan kan doen nie,” sê Arnoldi.

Dis nie asof ek ’n been of arm gebreek het nie. Dis deel van die spel en daar is niks wat ek daaraan kan doen nie.
Wilmar Arnodi

Louis van der Westhuizen behoort nou in die binnebaan te wees om die Cheetahs se nr. 2-trui te dra, maar Netwerk24 het betroubaar verneem dat daar gesprekke tussen die Cheetahs en die Southern Kings is oor die dienste van die voormalige Cheetah-haker Jacques du Toit, wat deesdae sy rugby vir die Port Elizabeth-franchise speel.

Hy het hope ervaring op Curriebeker- en Pro14-vlak, wat hom die ideale korttermyn-plaasvervanger vir Arnoldi kan maak.

Louis van der Westhuizen is al hard aan die oefen in Bloemfontein. Foto: Gallo Images

Met die Kings wat nie weer vanjaar rugby gaan speel nie, sal Du Toit gretig wees om speeltyd te kry en daarby is hy vertroud met Cheetah-rugby.

“Ons het genoeg diepte met Chucky (Van der Westhuizen) en Geiser (Reinach Venter) en hulle sal die beste in mekaar na vore bring. Ongeag die mededinging, is almal in die groep eintlik maar vriende en gee mekaar raad en help ons waar ons kan,” het Arnoldi gesê.

Arnoldi het al vir Griekwas Curriebeker-rugby gespeel, maar die komende reeks sou sy eerste in die kleure van die Cheetahs gewees het.

Arnoldi behoort Vrydag te weet presies hoe lank sy herstel en rehabilitasie-proses sal wees wanneer hy weer ’n spesialis sien. Hy gaan hom egter nie haas om terug op die veld te kom alvorens hy nie 100% reg is nie.

“Die aanvanklike diagnose was drie maande, maar dis omdat dit ’n kontaksport is, so ek is aangewese op wat die dokter sê. Ek het nog nooit ’n wangbeen gebreek nie, maar ek gaan seker maak alles het behoorlik vasgegroei, want netnou kom ek te vroeg terug, word beseer en is dan nog langer uit,” sê Arnoldi.

Volgens hom het hy al voorheen ’n langtermyn-besering gehad en is die belangrikste ding nou om positief te bly gedurende die herstelproses.

Meer oor:  Louis Van Der Westhuizen  |  Wilmar Arnoldi  |  Port Elizabeth  |  Bloemfontein  |  Haker  |  Besering  |  Cheetahs  |  Rugby  |  Kings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.