Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs kies sterk toerspan vir Pro14-reeks

Daar was geen verrassings nie toe die Cheetahs se afrigter Rory Duncan sy groep van 28 spelers bekend gemaak het vir die eerste twee wegwedstryde van vir die Pro14-reeks.

Rory Duncan / Foto: Mlungisi Louw

Die Cheetahs se eerste wedstryd is Vrydagaand teen Ulster in Belfast en dan bly hulle aan vir volgende week se kragmeting met Munster in Limerick.

Name wat wel nie op nie lys verskyn nie is dié van die Springbok-flank Oupa Mohoje en die Blitsbok Chris Dry.

Mohoje het steeds las van ’n ribbesering en Dry sal volgens Duncan wel later ’n geleentheid kry om te speel.

Vir die Cheetahs vervang die Pro14 die Superrugby-reeks en Duncan sê die groep wat hulle Saterdagaand ná die Curriebeker-wedstryd teen Goue Leeus eers gefinaliseer het, is die sterkste wat hulle kon saamstel.

Daar is nog heelwat spelers wat las van beserings het en wat later betrek sal word.

Duncan is veral bly dat spelers soos Cecil Afrika en Rosko Specman saam kan toer. Daar was verlede week sprake dat die Blitsbokke aan die Pro14-reeks onttrek kan word, maar die Cheetahs het toestemming om hulle in te span.

“Daar is nog heelwat gehalte spelers wat later in die reeks betrek sal word. Só ook ’n speler soos Dry, wie se werkverrigting ongelooflik hoog is.

Makazole Mapimpi is een van rits spoedvrate wat die Cheetahs gekies het vir hul eerste twee wegwedstryde in die Pro14-reeks. Foto: Gallo Images

“Spelers soos Cecil en Rosko pas goed in ons spanomgewing in. Dit was die beste besluit om hulle vanjaar by ons te betrek. Ons (span) het reeds baie by hulle geleer en ek is seker hulle kan iets by ons leer wat hulle kan terugneem sewes toe,” sê Duncan.

Die Cheetahs se Curriebeker- en Superrugby-kaptein, die senter Francois Venter, is weens sy betrokkenheid by die Bokke nie oorweeg nie. Hy het verlede week ’n tweede keer by die Springbokke aangesluit en saam Argentinië toe getoer, hoewel hy nie gespeel het nie.

Die enigste groentjies in Duncan se groep is die stut Erich de Jager wat Saterdag nog vir die Vrystaat se o.21-span gespeel het en die losskakel, Robbie Petzer, wat Saterdag teen die Leeus sy Curriebeker-buiging gemaak het.

*Die toergroep na Ierland: Charles Marais, Ox Nche, Joseph Dweba, Jacques du Toit, Torsten van Jaarsveld, Erich de Jager, Aranos Coetzee, Tom Botha, Justin Basson, Armandt Koster, Reniel Hugo, Rynier Bernardo, Tier Schoeman, Henco Venter, Gerhard Olivier, Niell Jordaan, Shaun Venter, Tian Meyer, Zee Mkhabela, Cecil Afrika, Robbie Petzer, Makazole Mapimpi, Ali Mgijima, William Small-Smith, Rayno Benjamin, Rosko Specman, Seregal Petersen, Clayton Blommetjies.

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.