Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs, Kings teen Superspanne?
Hawies Fourie sal graag wil sien dat sy Cheetahs teen die Suid-Afrikaanse Superrugby-spanne speel.Foto: Mlungisi Louw

As die planne vir ’n nuwe plaaslike rugbyreeks deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) realiseer, kan dit beteken dat die Cheetahs en die Southern Kings binnekort weer teen die Superrugby-spanne speel.

Dit is tans net bespiegelinge, maar volgens ’n woordvoerder van SA Rugby word daar na verskillende scenario’s gekyk.

Saru het Woensdag in ’n verklaring gesê hulle is proaktief besig om planne te maak om die rugbypubliek darem nie heeltemal te laat sit en droëbek toekyk terwyl daar

gewag word vir die Covid-19-pandemie om die wyk te neem nie.

Die moontlikheid van ’n herstrukturering van plaaslike

rugbyreekse word deur Saru bespreek, lui die mediaverklaring verder.

Die Pro14-reeks is verlede week reeds vir ’n onbepaalde tyd opgeskort. Die Cheetahs en Kings se spelers kom weer op 30 Maart byeen en die Pro14-reeks se organiseerders vergader op 14 April om die pad vorentoe te bespreek.

Hawies Fourie, hoofafrigter van die Cheetahs, lek sy lippe af oor die moontlikheid dat sy span weer teen die Superrugby-spanne kan speel, maar sê hy gaan niks vooruitloop nie.

“ ’n Mens wil nie te gou opgewonde raak nie, die virus is nou maar (in Suid-Afrika) in die beginstadium en ons sal moet wag om te sien hoe vinnig dit onder beheer gebring word.

“As daar so iets (plaaslike reeks) gedoen word om die seisoen sinvol te maak en waarde te gee vir die uitsaaiers en die verskillende borge van die spanne en kompetisies, dan sal dit regtig great wees.

Dis altyd lekker om teen Suid-Afrikaanse spanne te speel, en dit sal veral vir die Cheetahs en die Kings ’n groot uitdaging wees.
Hawies Fourie

“Dis altyd lekker om teen Suid-Afrikaanse spanne te speel, en dit sal veral vir die Cheetahs en die Kings ’n groot uitdaging wees.

“Ons het lanklaas teen Superrugby-spanne gespeel. Die spelers sal baie opgewonde wees om hulself teen die Suid-Afrikaanse spanne te toets.

“As dit die manier is om die jaar sinvol te maak, dan sal ons regtig bly wees, en dit sal lekker wees om deel van so ’n kompetisie te wees,” sê Fourie.

Die Cheetahs en Kings is aan die einde van die 2017-seisoen uit die reeks geboender en het toe ’n nuwe tuiste in die Pro14-reeks gevind.

* Die Kings se tussentydse breier, Robbi Kempson, is ook genader, maar het laat weet dat hy in die stadium nie kommentaar kan lewer nie.

Die Cheetahs kon dié seisoen nog net ses van hulle 13 Pro14-wedstryde wen en die Kings net een.

Meer oor:  Hawies Fourie  |  Suid-Afrika  |  Pro14  |  Superrugby  |  Rugby  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.