Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs, Kings lyk soos ander spanne

Sewe pragdrieë teenoor ’n ronde nul.

Ná die Cheetahs se broekskeur-sege in die doodsnikke nou die dag teen die Kings in die Pro14-reeks het die Vrystaters gister maalvleis van die Oos-Kapenaars gemaak deur hulle dié keer in Bloemfontein met 45-0 te verneder. Rustyd was die tuisspan 17-0 voor.

Chris Massyn van die Cheetahs word deur Howard Mnisi van die Kings (links) en nog ’n spanmaat voorgekeer.Foto: Gallo Images

Die Kings was hul eie grootste teenstander, want hulle het erg gesukkel om enige struktuur aan hul spel te gee. Hulle het vir die grootste gedeelte van die eerste helfte gelyk of hulle in diep water is, terwyl die Cheetahs met hulle gemors het.

Die enigste keer dat die besoekers gevaarlik gelyk het, was vyf minute voor rustyd, toe hulle ’n gulde geleentheid om te gaan druk deur hulle vingers laat glip het. Oorgretigheid het daartoe gelei dat hulle aangeslaan het, net meters van die Cheetahs se doellyn af.

Nie eens toe die Cheetah-slot Walt Steenkamp in die 39ste minuut met ’n geelkaart afgestuur is, kon hulle daarin slaag om die Cheetahs se verdediging te klop nie. Verdediging wen wedstryde, maar in die Kings se geval was dit net goed genoeg om die Cheetahs met tye van hul doellyn af te hou.

Toe die Cheetah-haker, Joseph Dweba (Speler van die Wedstryd), in die 29ste minuut sy sewende drie van die seisoen gaan druk het, het die Kings se ore al erg gehang. Hulle het moedig probeer byhou, maar was nie naastenby in die Cheetahs se klas nie. Die Kings het wel in die tweede helfte met meer vuur gespeel, maar dit was ook pure verniet.

Om vir die Kings te sê terug tekenbord toe, sal sagkens gestel wees, want hulle weet wat hulle in Bloemfontein opgedis het, was nie juis rugby nie.

  • Joseph Dweba (2), Chris Massyn, Jasper Wiese, Clayton Blommetjies, Rhyno Smith, Louis Fouché, Doelskoppe: Ruan Pienaar (2), Tiaan Schoeman, Fouché (2).

Southern Kings 0 (0).

Meer oor:  Cheetahs  |  Kings  |  Pro14-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.