Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs maak 7 skuiwe vir Skotte

’n Cheetahs-span wat dramaties verskil van die een wat verlede naweek teen die Ospreys in Wallis verloor het, sal Saterdag die Glasgow Warriors in Bloemfontein die stryd aansê.

Die haker Joseph Dweba kry sy kans in die beginspan teen die Glasgow Warriors. Foto: Gallo Images

Die Cheetahs se breier, Franco Smith, het sewe veranderinge, waarvan een posisioneel, aan sy beginspan aangebring vir dié Pro14-rugbystryd.

Die skrumskakel Tian Meyer neem nie net Shaun Venter se nr.9-trui oor nie, maar ook die kapteinskap. Venter het verlede week as leier waargeneem in die afwesigheid van die beseerde Oupa Mohoje.

Die flank Gerhard Oliver is die eerste keer die seisoen in die beginspan ingesluit. Hy vervang Aidon Davis, wat na agtsteman skuif in die plek van die beseerde Jasper Wiese.

Die lenige slot Walt Steenkamp kry sy kans in die opdrafspan, met Dennis Visser wat ter elfder ure nader geroep is as ’n plaasvervanger. Hy vervang Justin Basson, wat longontsteking het, op die bank.

Ook die haker Joseph Dweba word die eerste keer in die opdrafspan aangewend in ’n nuwe voorry saam met Aranos Coetzee en Charles Marais. Hulle vervang onderskeidelik vir Jacques du Toit, Ox Nche en Luan de Bruin.

’n Enkelbesering aan De Bruin gee aan Günther Janse van Vuuren die kans om sy Pro14-buiging te maak. Die Vrystaat-o.21-span se haker, Marnus van der Merwe, kan as plaasvervanger sy Pro14-buiging maak.

Die losskakel Louis Fouché, wat aanvanklik na die Pro14-groep ontbied is, het ’n boarmspierbesering, wat beteken dat Ryno Eksteen op die plaasvervangersbank behou is.

Cheetahs: Malcolm Jaer, William Small-Smith, Benhard Janse van Rensburg, Nico Lee, Rabs Maxwane, Tian Schoeman, Tian Meyer (k), Aidon Davis, Gerhard Olivier, Junior Pokomela, JP du Preez, Walt Steenkamp, Aranos Coetzee, Joseph Dweba, Charles Marais. PLAASVERVANGERS: Jacques du Toit, Ox Nche, Günther Janse van Vuuren, Dennis Visser, Niell Jordaan, Marnus van der Merwe, Shaun Venter, Ryno Eksteen.

Warriors: Ruaridh Jackson, Tommy Seymour, Alex Dunbar, Pete Horne, DTH van der Merwe, Adam Hastings, Ali Price, Adam Ashe, Callum Gibbins (k), Rob Harley, Jonny Gray, Scott Cummings, Zander Fagerson, Fraser Brown, Oli Kebble. PLAASVERVANGERS: George Turner, Alex Allan, D’Arcy Rae, Matt Fagerson, Chris Fusaro, George Horne, Nick Frisby, Huw Jones.

Meer oor:  Glasgow Warriors  |  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.