Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs maak erg droog teen Zebre

Die Cheetahs se nuwe jaar op die rugbyveld het gister sonder enige vonkelwyn en die skiet van vonkelwynproppe begin toe die Vrystaatse span ’n loesing van die Italiaanse span Zebre in die Pro14-reeks gekry het.

En die ergste is dat die Cheetahs dié wedstryd geteiken het om hul posisie op die puntelys dramaties te verbeter juis omdat Zebre so ’n vrotsige vertoningslys in die Pro14 het.

Tian Meyer het ’n drie gedruk in die Cheetahs se Pro14-skoknederlaag teen Zebre gisteraand in Parma. Foto: Gallo Images

Onder die toeskouers wat die Cheetahs se vernederende nederlaag aanskou het, was hul voormalige afrigter Franco Smith, wat nou die Italiaanse nasionale span brei.

Die Italiaanse melkkoei in die Pro14-reeks het die Cheetahs met ’n bonuspuntsege met 41-13 geskok. Dit is die Italianers se eerste sege oor die Cheetahs ná vyf wedstryde.

Dit was ook maar Zebre se tweede sege in sy afgelope 24 Pro14-wedstryde.

Maar vat niks weg van die tuisspan nie. Sy rotsvaste verdediging was een van die redes vir dié opskudding.

Die Cheetahs het meer as ’n maand gerus en het onseker voorgekom, al het hulle vroeg gaan druk.

Hul haker, Wilmar Arnoldi, het vroeg vir die Cheetahs gedruk ná ’n dryfmaal – eers ná die Cheetahs se derde probeerslag nadat die kantlyn ’n derde keer opgesoek is met skoppe.

Zebre het dadelik teruggeslaan met die eerste drie van die regtervleuel Charlie Walker se twee drieë. Hy het ’n beweging afgerond ná ’n skrum nadat die Cheetahs die bal oorgedra het.

Carlo Canna, een van Italië se Wêreldbeker-losskakels, het met sy skopvoet die voorsprong met twee strafdoele laat rek.

Ruan Pienaar is met net minder as ’n halfuur oor opgestuur en het dadelik ’n impak op die besoekers se speltempo gehad.

Die Cheetahs se vleuel Rabs Maxwane se blapse het sy span twee keer punte gekos

  • Punte:

Zebre 41 (20) Drieë: Charlie Walker (2), Johan Meyer, Josh Renton, Giulio Bi­segni. Doelskoppe: Carlo Canna (5). Strafdoele: Canna (2)

Cheetahs 13 (8). Drieë: Wilmar Arnoldi, Tian Meyer. Strafdoel: George Whitehead

Meer oor:  Cheetahs  |  Zebre  |  Pro14-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.