Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs maak Orie die hof voor sy troue
Marvin Orie se tyd by die Leeus is verby.

Marvin Orie, Springbok-slot van die Leeus, het ’n aantreklike aanbod van die Cheetahs gekry om Bloemfontein toe te trek.

Al bestaan daar nog onsekerheid oor of die Cheetahs vanjaar in ’n internasionale toernooi sal speel, het Hawies Fourie so ’n goeie aanbod aan Orie gemaak dat hy dit nie net eenvoudig van die tafel kan vee nie.

Rapport verneem die aanbod is heelwat beter as die salaris wat hy by die Leeus verdien het.

Orie is werkloos nadat hy en die Leeus se romanse, wat in 2017 begin het, onlangs op die rotse beland het.

Onderhandelinge tussen hom en die Leeus, wat in Oktober verlede jaar begin het, het ná afloop van die Curriebekerreeks nie ’n goeie uitkoms gehad nie.

Die Leeus het ’n skielike aankondiging daaroor op sosiale media gemaak en hom vir sy diens bedank en voorspoed vir sy toekoms toegewens.

Die Westelike Provinsie is die ander plaaslike span wat glo belangstelling in Orie toon.

Dit kan vergroot as een van die WP se jare lange staatmakers JD Schickerling se beplande skuif na ’n Japanse klubspan bevestig word.

Die 27-jarige Orie beplan om op 20 Februarie met sy verloofde Petrushce Steenkamp in die huwelik te tree.

Die Vrystaters se belangstelling in hom volg nadat hulle die afgelope jaar verskeie slotte soos Reniel Hugo (Haaie), Walt Steenkamp, Sintu Manjezi (albei Bulle), JP du Preez (Sale Sharks) en Ian Groenewald (Valence Romans) verloor het.

Carl Wegner gaan boonop later vanjaar na die Italiaanse klubspan Benetton Treviso.

Fourie het reeds sy diepte op slot met die kontraktering van Rynier Bernardo en Jean Droste begin verbeter.

Meer oor:  Marvin Orie  |  Leeus  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.