Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs móét aanpas, sê Hawies

Die Cheetah-breier, Hawies Fourie, het ná Saterdag se Pro14-wedstryd teen die Scarlets in Llanelli erken dat sy span nie goed genoeg by die moeilike toestande kon aanpas nie.

Die Cheetahs het hul tweede toerwedstryd met 13-17 teen die Walliesers verloor, wat in erge reënweer gespeel is. Hulle rustyd met 7-14 agter.

Die Cheetah-heelagter Rhyno Smith klop hier die Scarlets se regtervleuel Ryan Conbeer in die spanne se Pro14-wedstryd Saterdag in Llanelli, Wallis. Foto: Gallo Images

“Ons het met tye té veel probeer speel, te veel fases na mekaar te probeer afdwing en dan foute begaan. Ek dink nie ons het noodwendig te veel foute gemaak nie, ons het net te veel gespeel voordat ons geskop het.

“Die plan was om meer mededingende skoppe te loods om onsself ’n kans te gee en meer druk op hulle te plaas, die bal terug te kry en van gebroke spel af te speel. Maar dit het nie gebeur nie,” sê Fourie.

Hy het ook toegegee dat sy span ongelukkig was om nie teen die einde te gaan druk, toe hulle met ’n goeie rolmaalbeweging vorendag gekom het.

“Naby aan die einde was Wilmar (Arnoldi, plaasvervangerhaker) amper oor die doellyn en dan was daar ’n ander strafskop wat ons die bal uitgeskop het, maar toe die lynstaan verloor het.

“Dit is belangrik dat sulke goed reggekry word in wedstryde waar die tellings so naby aan mekaar is.”

Die Cheetahs het wel daarin geslaag om goeie druk op die Scarlets toe te pas, veral wanneer hulle in goeie aanvallende posisies was, maar Fourie maak geen geheim daarvan dat dit nie die verlangde uitwerking gehad het nie. Hy was met reg ontevrede oor sy span se tweede nederlaag op die toer van drie wedstryde.

“Ons het onsself nou in twee wedstryde in posisies geplaas om te wen en ons het dit nie gedoen nie. Nou moet ons ons regkry vir Saterdag se wedstryd teen die Cardiff Blues,” sê die breier.

Vandeesweek sal ons daaraan werk om beter in nat toestande te speel, maar hopelik is daar ’n bietjie genade vir ons en is daar sonskyn.
Hawies Fourie

Daar was wel ’n voorval toe die Cheetahs se heelagter, Rhyno Smith, hoog en laat gelak is deur die Scarlets se losskakel, Dan Jones, wat verdag was. Volgens die skeidsregter, Mike Adamson, was dit nie gevaarlik nie en hy het gevolglik net ’n strafskop aan die Cheetahs toegeken. Maar die Cheetahs kla nie daaroor nie.

Dit alles in ag geneem, behoort die Cheetahs se koppe darem te veel te hang nie, want daar tog positiewe aspekte, glo Fourie.

“Ons verdediging was beter, die spasiëring en die een-op-een-duikslae was beter – dit is alles goed waaraan ons verlede week gewerk het.

“Vandeesweek sal ons daaraan werk om beter in nat toestande te speel, maar hopelik is daar ’n bietjie genade vir ons en is daar sonskyn. Dan kan ons ons normale rugby speel,” sê Fourie.

Puntemakers:

Scarlets 17 (14): Drieë: Steff Evans, Kieran Hardy. Doelskoppe: Dan Jones (2). Strafdoel: Jones.

Cheetahs 13 (7): Drie: Tian Meyer. Doelskop: Tian Schoeman. Strafdoele: Schoeman, Ruan Pienaar.

Meer oor:  Scarlets  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Hawies Fourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.