Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs moet vergoed vir laaste toer

Die Cheetahs vertrek Dinsdag op hulle laaste Pro14-toer van die seisoen met vyf spelers wat nie die vorige toer meegemaak het nie, terug in sy geledere.

Hulle kom Saterdagaand (21:45 Suid-Afrikaanse tyd) teen die Glasgow Warriors in Skotland te staan, en sal wil vergoed vir die teleurstellende uitslae van hulle onlangse toer van Ierland en Wallis.

Van die vernaamste spelers wat hulle terugkeer maak, is die vlugvoetige heelagter Malcolm Jaer en die vurige haker Joseph Dweba. Hulle het onderskeidelik van knie- en dyspierbeserings herstel.

Dan is die lenige slot Justin Basson ook terug nadat hy ’n skorsing drie wedstrydweke uitgedien het vir ongeoorloofde spel.

Die losvoorspeler Daniel Maartens kry weer geleentheid om te wys hoekom hy so hoog aangeskryf word by die afbreekpunte.

Eric de Jager is gekies om die geskorste stut Ox Nche te vervang.

Die breier, Franco Smith, sê die verlies van Nche is vir hulle ’n gevoelige slag, want dit bly altyd moeilik om hom te vervang. Hy is weens ’n gevaarlike duikslag vir agt weke geskors. Sy appèl word Vrydag in Cardiff aangehoor.

“Hy het die manne vandag (Maandag) weer om verskoning gevra vir sy optrede en hulle moed ingepraat voor hul vertrek,” sê die breier.

Smith is opgewonde om weer op van die ander spelers te kan steun.

’n Speler soos die flank Gerhard Olivier, wat die seisoen nog elke keer goed rekenskap van homself gee, tel onder dié wat nie laaste toer meemaak nie.

“Gerhard en Daniel ruil plekke. Sesflank is ’n veeleisende posisie en hy kry kans om te rus.

“Gerhard het byvoorbeeld teen Leinster 27 pogings aangewend om duikslae uit te voer en sewe gemis. Dit is ’n waarskuwing dat die spelers moeg raak en dis al rede hoekom hy agterbly. Daarby is Daniel ’n goeie baljagter,” sê Smith.

Oor Jaer sê die breier hy bring ’n ander gevaar na die agterlyn. Nie dat Louis Fouché, wat hom op die vorige toer vervang het, dit nie kon doen nie.

“Louis het goed gevaar, maar Malcolm bring iets anders. Dit sal slegs sy tweede toer wees en ons is opgewonde om te sien wat hy gaan doen.”

Die Skotte was in die spanne se vroeëre ontmoeting die seisoen (in die Rosestad) met 52-24 baas. Die Cheetahs het intussen baie verbeter, maar om een van die pasaangeërs tuis te pak, bly ’n uitdaging.

Die Warriors het tot dusver 12 van hulle 17 wedstryde in Konferensie A gewen en die Cheetahs net ses.

* Toergroep: Voorspelers: Aranos Coetzee, Justin Basson, Eric de Jager, Luan de Bruin, JP du Preez, Joseph Dweba, Sintu Manjezi, Charles Marais, Daniel Maartens, Junior Pokomela, Walt Steenkamp, Abongile Nonkontwana, Marnus van der Merwe, Henco Venter, Reinach Venter.

Agterspelers: Louis Fouché, Malcolm Jaer, Benhard Janse van Rensburg, Rabs Maxwane, Tian Meyer, Rudy Paige, Tian Schoeman, William Small-Smith, Dries Swanepoel, Shaun Venter.

Meer oor:  Glasgow Warriors  |  Skotland  |  Cheetahs  |  Pro14-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.