Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs mor oor hoe Ox behandel is

Die appèlverhoor van Cheetahs se Springbok-stut Ox Nche sal Vrydag in Cardiff gehou word.

Ox NcheFoto: Gallo Images

Hulle vertrek Dinsdag na Skotland vir hulle Pro14-wedstryd Saterdag teen die Glasgow Warriors en Nche bly agter.

Die Cheetahs moet nou besluit of hulle die verhoor gaan bywoon of weer via videokonferensie gaan deelneem.

Dié verhoor volg na Nche vir agt wedstryde weke tot en met 19 Mei geskors vir ’n skouerloop op Leinster se vleuel Fergus McFadden.

Volgens Nche se regsverteenwoordiger, Marius van Rensburg, wys die klagstaat dat daar fisieke mishandeling van die speler was en dat die bedoeling van die aksie dit gewys het. Hy meen daar was nooit enige bedoeling nie.

“Ons het aan die tugkomitee gesê dat Nigel Owens een van die mees senior skeidsregters in die wêreld is en dat hy ’n paar treë van die voorval af was,” sê Van Rensburg.

Owen het Nche in die negende minuut met ’n geelkaart van die veld gestuur. McFadden het ongedeerd voort gespeel.

“Owens het gesê – net soos ons – dat die beeldmateriaal nie voldoende is om te wys dat Nche McFadden met die kop getref het nie, anders sou dit ’n rooikaart gewees het.”

Hy sê hulle het van die begin af gesê die beeldmateriaal is swak. En teen ’n kwart van die spoed, is dit selfs nog swakker.

“Die voorsitter het daarop gesê dat dit dalk beter vir my kliënt is en daaroor gelag. Ek het in die appèl so aangedui en genoem dat dit onvanpas was.

“Hulle het Nche gepeper met vrae oor waar sy arms was en ons het beswaar daarteen gemaak. Hulle het hom onder kruisverhoor geplaas.”

Van Rensburg sê hulle het genoem dat daar nooit voldoende getuienis was dat McFadden se kop wel getref is en dat die sanksie te swaar is.

“Nche was op die meeste nalatig en die agt weke straf is beslis te veel.”

Meer oor:  Cheetahs  |  Pro14-Reeks  |  Ox Nche
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.