Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Mthethwa vir 4 j. saam met Fourie
Melusi Mthethwa kan nie wag om Maandag in te val by die Cheetahs se Pro14-groep as hul agterlyn-afrigter nie.Foto: André Damons

Die Vrystaat Rugbyunie het Melusi Mthethwa vir die volgende vier jaar as agterlyn-afrigter van die Cheetahs aangestel.

Hy sal Maandag inval saam met die hoofafrigter, Hawies Fourie, wat verlede week by die span aangesluit het nadat hy van ’n operasie herstel het.

Mthethwa (34) het vanjaar die Vrystaatse o.21-span tot die halfeindstryd gebrei en twee jaar gelede die o.19-span tot die eindstryd van die nasionale kompetisie geneem.

“Ek sien uit daarna om saam met Hawies te werk. Hy is ’n goeie afrigter met hope kennis, hy’s takties en tegnies baie goed.

Ek het in die Varsitybeker-reeks saam met die Shimlas, teen sy Maties-span gespeel en hulle was altyd goed georganiseerd en baie akkuraat.
Melusi Mthethwa

“Ek het in die Varsitybeker-reeks saam met die Shimlas, teen sy Maties-span gespeel en hulle was altyd goed georganiseerd en baie akkuraat,” sê Mthethwa.

Maar dit is die geleentheid om in die Pro14-reeks te kan afrig, wat as een van die taaiste kompetisies in wêreldrugby beskou word, wat hom opgewonde maak.

“Ek sien regtig uit na die ervaring en die uitdaging, dit kan net lekker wees. Die span vaar tans goed en die uitdaging is om daardie goeie vertonings voort te sit.”

Hy sê sy werk met die juniors by die Vrystaat, asook die Shimlas in die Varistybeker-reeks, het hom goed voorberei vir wat volg.

“Ek dank die Vader vir my seëninge. Die oorgang van junior na senior rugby is opwindend. Ek het van die huidige spelers afgerig toe hulle juniors was, so ek voel ek is reg vir die volgende tree.

“Dis tyd dat ek my horisonne verbreed en vir ’n beter geleentheid kon ek nie gevra het nie.”

Ox Nche

* Met Mthethwa wat Maandag nuwe grond betree, kom daar egter Vrydag ’n ander era tot ’n einde.

Dit is die waarnemende afrigter, Franco Smith, se laaste wedstryd aan die stuur van die Cheetahs vir die afsienbare toekoms.

Hy sluit hom in Januarie by Italië se nasionale span aan.

Vrydag se Pro14-wedstryd teen Munster in Bloemfontein, sal ook die laaste keer wees wat die Springbok-stut Ox Nche en die losvoorspeler Henco Venter vir die Cheetahs uitdraf.

Dié twee se kontrakte verstryk aan die einde van die maand en gaan hul loopbane by die Haaie voortsit.

Hulle sal dus nie die Cheetahs se toer na Ierland en Wallis later vandeesmaand meemaak nie.

Meer oor:  Melusi Mthethwa  |  Ox Nche  |  Bloemfontein  |  Rugby  |  Agterlyn-Afrigter  |  Cheetahs  |  Pro14-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.