Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Cheetahs ’n gevaarlike teenstander’

Moenie dat die telling in die vorige Pro14-ontmoeting teen die Cheetahs in Bloemfontein julle flous nie, dit gaan Saterdag niks beteken nie.

Kyle Steyn van die Glasgow Warriors probeer ’n verdediger van die Cardiff Blues afskud in die spanne se Pro14-wedstryd vroeër. Foto: Getty Images

So sê die voormalige Griekwas-senter Kyle Steyn, wat deesdae vir die Glasgow Warriors, een van die pasaangeërs in die reeks, uitdraf.

Die Skotse besoekers het met 52-24 in die vorige wedstryd die meeste punte tot nog toe teen die Cheetahs in die kompetisie aangeteken.

Steyn het maar nog net drie wedstryde vir die Skotse span gespeel en behoort Saterdag in die 23-tal te wees vir die Cheetahs se laaste toerwedstryd van die seisoen.

“Die telling in Bloemfontein gaan die naweek niks beteken nie. Die Cheetahs is ’n baie gevaarlike span op die aanval, veral van omgekeerde besit af. Hulle het baie vaart op die punte,” laat weet Steyn uit Glasgow, waar die Cheetahs Woensdag aangekom het.

Steyn sê hy geniet elke oomblik by sy nuwe span omdat sy spanmaats hom vinnig op sy gemak laat voel het en hom van meet af touwys gemaak het oor hoe hulle dinge doen.

Kyle Steyn in sy speeldae vir die Poubloues. Foto: Gallo Images

Hy sê hy het gelukkig genoeg ondervinding by die Poubloues (29 wedstryde en ook kaptein) opgedoen wat nog verder in sy guns getel wat sy inskakeling by die Warriors vergemaklik het.

“Ja, my tyd by Griekwas het my ongelooflik baie gehelp dat ek die tree na Pro14 kon gee. Ek het baie lesse in die Curriebeker-reeks geleer, veral hoe om onder druk te funksioneer en hoe om nuwe uitdagings die hoof te bied.”

Hy sê dit is goed om in ’n ander kompetisie (Pro14) te speel; hy leer elke dag iets nuuts. Die geleentheid om te sien hoe afrigters van ’n goeie span soos die Warriors te werk gaan, sê hy, help hom om sy eie spel te ontwikkel.

Hy moet egter nou gewoond daaraan raak om op vleuel uit te draf nadat hy hoofsaaklik senter vir die span van Kimberley gespeel het.

“Dis nogal moeilik om tussen die twee (posisies) te kies, senter en vleuel is heeltemal verskillend, maar ek hou van albei om verskeie redes.

“Ek sal gewoonlik sê ek verkies senter, maar ek hou van die manier hoe die Warriors hulle vleuels aanwend, so dit maak die keuse ietwat moeiliker.”

Indien Steyn Saterdag op regtervleuel ingespan word, is sy direkte teenstaander Rabs Maxwane, die voorste driedrukker (13 drieë) die seisoen, en dit kan vir vuurwerk sorg.

Steyn is dit eens die Cheetahs kan met die wete dat hulle nie sommer die uitspeelrondes gaan haal nie, gevaarlik wees.

“Daar gaan Saterdag geen druk op hulle wees nie. Hulle het niks om te verloor nie en dit maak beslis van die Cheetahs ’n gevaarlike span.”

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.