Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
VS nie bewus van Oupa se ‘Bulle-geselsie’

Oupa Mohoje, Springbok-flank van die Cheetahs, ontken dat hy ’n kontrak met die Bulle gesluit het, maar sê wel daar was “praatjies”.

Oupa Mohoje val oor vir ’n drie in die laaste wedstryd van die afgelope voorbereidingsreeks teen die Olifante in Bloemfontein. Foto: Gallo Images

Die Cheetahs-kamp is nie bewus van die verwikkeling soos ’n Sondagblad berig het nie. Daarvolgens is Mohoje verlede week op Loftus Versfeld gesien.

“Ek weet nie daarvan nie,” het die afrigter, Hawies Fourie, laat weet.

Die veelsydige Mohoje is tot Mei nog gekontrakteer.

“Niks is nog gefinaliseer nie,” het Mohoje dit duidelik gestel.

Die 30-jarige Mohoje was ná ’n lang pad van herstel aan die einde van die afgelope voorbereidingsreeks terug op sy beste.

Fourie het hom ná hul laaste wedstryd teen die Oostelike Provinsie in Bloemfontein ook uitgesonder vir sy spel.

Fourie het gesê wanneer Junior Pokomela oor ’n paar weke terugkeer van sy polsgewrigbesering gaan daar lekker onderlinge mededinging onder die klomp losvoorspelers wees.

Flanke soos Aidon Davis en Andile Ntsila het ook speelkans as agtsteman gekry toe Jeandré Rudolph die laaste paar wedstryde weens ’n kuitbesering misgeloop het.

Mohoje is net so veelsydig en kan soos Davis ook enige tyd op slot sy man staan.

Fourie het by meer as een geleentheid gesê hulle vind baie daarby baat as ’n speler veelsydig is omdat hulle nie juis ’n magdom gekontrakteerde spelers het nie en basies uit 36 spelers kies.

Wanneer ’n speler dus in twee posisies kan speel, kry hy ’n bykomende regmerkie wanneer daar na kontrakte gekyk word.

Mohoje het aan die einde van verlede jaar ná ’n afwesigheid van meer as twee jaar weens ’n ernstige kniebesering en toe ’n positiewe koronavirustoets uiteindelik sy terugkeer tot die spel in die Superrugby Unlocked-reeks gemaak. Hy was op 6 November ’n plaasvervanger vir die Cheetahs in die wedstryd teen die Haaie in Durban.

Die Cheetahs trek Woensdag weer saam.

Meer oor:  Oupa Mohoje  |  Cheetahs  |  Bulle  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.