Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs nie geflous deur Kings se posisie

Moenie dat die Southern Kings se posisie op die Pro14-punteleer jou flous nie. Dit bly ’n uitdaging om teen hulle te speel.

Tian Meyer/Foto: Gallo Images

So waarsku die Cheetahs-kaptein, Tian Meyer, aan die vooraand van die spanne se laaste wedstryd in die reeks Saterdag in Bloemfontein.

Meyer sê hulle gaan hulle nie blind staar teen die feit dat die Kings nog net twee van hul 20 wedstryde die seisoen gewen het nie.

“Hulle het baie verbeter en die naweek gaan weer ’n groot uitdaging vir ons wees. Ons spelers is opgewonde om ’n laaste keer in die reeks voor ons tuisskare te speel en lekker hardlooprugby op te dis,” sê Meyer, wat vleuel, anders as sy gewone skrumskakel-posisie, gaan speel.

“Die laaste twee wedstryde teen die Ospreys en die Dragons was frustrerend in die sin dat ons nie werklik beloon is vir wat ons vermag het tydens daardie wedstryde nie. Ek hoop alles kan die naweek vir ons uitwerk.

Die Cheetahs het die Kings die seisoen reeds twee keer geklop. In die eerste kragmeting, in Port Elizabeth, kon die Bloemfonteiners die knoop eers in beseringstyd met 24-17 deurhak.”

Dis belangrik uit ’n speler se oogpunt dat hulle weet die unie is tevrede met wat hulle doen en wat die pad vorentoe is.
Franco Smith

Hulle het die herontmoeting kort daarna in Bloemfontein met 40-36 gewen nadat die Kings aan die einde mooi teruggeveg het.

Daar was die laaste paar maande tog goeie nuus vir die Kings wat vorentoe baie vir hulle kan beteken.

Verlede maand is aangekondig dat die Kings 74% van hulle aandele aan ’n maatskappy genaamd The Greatest Rugby Company in the Whole Wide World (Pty) Ltd (GRC) verkoop het.

Die groep Oos-Kaapse sakemanne se betrokkenheid kan meer stabiliteit vir die span van die Baai beteken.

Meer spelers kan ook nou gelok word.

Die Cheetahs se breier, Franco Smith, sê dit is altyd goed vir spelers om te weet wat die toekoms inhou, veral omdat hulle, soos hyself, eintlik net kontrakwerkers is.

“Dit speel ’n baie belangrike rol. Ek was my hele loopbaan ’n kontrakwerker. Dis belangrik uit ’n speler se oogpunt dat hulle weet die unie is tevrede met wat hulle doen en wat die pad vorentoe is. Dit is ongelukkig hoe dit is met kontrakwerkers, hulle soek sekerheid,” sê Smith.

Meer oor:  Pro14  |  Tian Meyer  |  Cheetahs  |  Southern Kings  |  Franco Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.