Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs onderhandel met Clayton

Dit lyk of Clayton Blommetjies die rugby-wildernis gespaar gaan word met die nuus dat die Cheetahs tans met hom oor ’n kontrak onderhandel.

Blommetjies was een van die seëvierende Vrystaat-Cheetahs se uitblinkers in die Curriebeker-reeks.

Clayton Blommetjies was een van Vrystaat-Cheetahs se uitblinkers in die Curriebeker-reeks. Foto: Gallo Images

Hy was slegs vir dié reeks gekontrakteer. Dít het gekom nadat sy kontrak met die die Scarlets, ’n Walliese Pro14-span, voortydig beëindig is.

Blommetjies sukkel intussen met ’n enkelbesering wat hy in die Curriebeker-eindstryd teen die Goue Leeus opgedoen het.

Hy hoop om van Maandag af weer te oefen met die oog op die eerste Pro14-wedstryd teen die Glasgow Warriors Vrydag in Bloemfontein.

Die Cheetahs se breier, Hawies Fourie, het bevestig hulle kyk daarna om Blommetjies te behou.

“Ons is besig om met hom te onderhandel. Dit is egter nog nie gefinaliseer nie,” het Fourie laat weet.

Dié breier sal weens ’n operasie minstens die span se eerste drie wedstryde, almal tuiswedstryde, misloop. Franco Smith (Curriebeker-afrigter) sal die span in sy afwesigheid brei.

Blommetjies het ook bevestig dat sy agent (James Adams) en die Vrystaat Rugbyunie tans onderhandel.

“Meer as dit kan ek ongelukkig nie sê nie, omdat ek nie meer weet nie. Ek wag nou om te hoor wat gebeur,” sê Blommetjies.

“Ek glo ek het van die beste rugby van my loopbaan hier gespeel.

“Dit was lekker om in die Curriebeker-reeks weer saam met die Vrystaat te kon speel en ook saam met die nuwe spelers, wat bygekom het sedert ek weg is, te kon speel,” sê Blommetjies.

* Intussen het die Pro14-reeks ’n denkbeeldige span gekies bestaande uit spelers in dié reeks, wat ongelukkig was om nie op die vliegtuig na Wêreldbeker-toernooi toe te klim nie.

Twee Cheetahs, die Springbokke Oupa Mohoje en Ruan Pienaar, het die 23-tal gehaal.

Die span is: Johnny McNicholl, James Lowe, Steff Evans, Huw Jones, Stuart McCloskey, Jarrod Evans, Kieran Marmoin, Marcell Coetzee, Magnus Bradbury, Jordi Murphy, Devon Toner, Scott Fardy, Jack McGrath, Rob Herring, Samson Lee. PLAASVERVANGERS: Mike Willemse, Rob Evans, Marty Moore, Ultan Dillane, Oupa Mohoje, Ruan Pienaar, Ross Byrne, Monty Ioane.

Meer oor:  Kontrak  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Clayton Blommetjies  |  Hawies Fourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.