Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs ontbied OIivier in Oupa se plek

Die flank Gerhard Olivier het Maandag na Swansea in Wallis vertrek om hom in die plek van die beseerde Oupa Mohoje by die Cheetahs aan te sluit.

Dié span se afrigter, Franco Smith, sê hulle sal eers later besluit wie die kaptein in Mohoje se plek sal wees in hul Pro14-wedstryd Saterdag teen die Ospreys.

Gerhard Olivier sal hom by die Cheetahs in Wallis aansluit. Foto: Gallo Images

Mohoje het die afgelope naweek in die 13de minuut sy knie beseer in hul eerste wedstryd teen Munster. Die Ierse span het Saterdag ses drieë ingeryg en met 38-0 in Limerick geseëvier.

Smith het op ’n vraag oor die Cheetahs se gesukkel om Munster se verdediging uit te oorlê gesê daar moet onthou word dat dié gedugte Ierse span verlede jaar die halfeindronde van die Pro14- sowel as die Europese Kampioenebeker-reeks gehaal het.

Hy sê dit beteken hulle het ’n goeie klomp spelers daar bymekaar, wat boonop die laaste twee jaar deur die huidige Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, en die huidige verdedigingsafrigter van die Bokke, Jacques Nienaber, afgerig is. Smith wys ook daarop dat Johann van Graan, wat lank by die Bokke betrokke was, en JP Ferreira, wat die Leeus met welslae bygestaan het, intussen by Erasmus-hulle oorgeneem het.

“Hulle het daarby ’n ongelooflike trotse tuisrekord. Dit sou altyd baie moeilik gewees het om hul verdediging te klop.

“In dieselfde asem sit ons aan die ander kant van die muntstuk met ’n nuwe span in die kompetisie.”

Benewens die intensiteit waaraan hulle nog moet gewoond raak, kan die feit dat hulle nog nie baie saamgespeel het nie volgens Smith verkwalik word vir die afronding wat ontbreek het die kere toe daar wel lynbreke was.

Hy noem dat die bal 40 minute in spel was in die wedstryd, wat gelykstaande en selfs beter as die meeste Superrugby-wedstryde is en dat die bal net in die wedstryd tussen Leinster en Cardiff langer in spel was.

Volgens Smith voel dit tog vir hom of sy nuwe span ’n tree vorentoe gegee het.

Hy sê die telling moes in die 50ste minuut 6-12 gewees het.

“Ons het van die 66ste minuut af drie baie eenvoudige drieë afgestaan, wat skoolseuns nie moes afstaan nie. Een of twee was die gevolg van swak besluitneming.

“Daar was hier en daar desperate aksies van ons toe ons begin het om die wedstryd te jaag.”

Smith meen ofskoon daar verbetering te bespeur was, gaan dit die naweek opnuut ’n uitdaging wees teen die Ospreys, wat tot 12 internasionale spelers tot hul beskikking kan hê.

Die Walliese span het Edinburgh Saterdag met 17-13 in sy eerste wedstryd in Swansea geklop.

Meer oor:  Oupa Mohoje  |  Munster  |  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.