Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs raap Jeandré op ná Bulle wegkyk

Jeandré Rudolph wil vir sy eie spelontwikkeling Pro14-rugby en in die Noordelike Halfrond speel.

Dis die hoofrede vir die 25-jarige losvoorspeler van die Pumas se besluit om ’n kontrak met die Cheetahs te sluit. Hy word ná 31 Oktober amptelik ’n Vrystater.

Rudolph druk verlede jaar teen die Cheetahs. Foto: Gallo

Hy is baie dank verskuldig aan die Pumas, en veral Jimmy Stonehouse, nadat hulle hom in 2018 ’n geleentheid gegee het om sy senior rugby in Nelspruit te speel. Voordat hy hom by die Pumas aangesluit het, was hy by die Pukke en Luiperds.

Dié oudkaptein van die Pukke was egter so byna op pad na die Bulle. Hy het vanjaar as ’n leenspeler vir hulle Superrugby gespeel en was besig om sy voete in Pretoria te vind. Die Bulle het ernstige belangstelling in hom getoon, maar dit het met die Covid-19-pandemie en verandering van afrigters doodgeloop.

Die Cheetahs se belangstelling in Rudolph volg nadat Daniel Maartens na Nelspruit verhuis het en die klipharde Jasper Wiese nie sy Vrystaat-kontrak verleng het nie. Wiese se kontrak verstryk in Oktober.

Gerhard Olivier en Oupa Mohojé moet ook nog aankondig wat hul planne is.

Fourie wil nie net die beste uit Rudolph se spel haal nie, maar het soortgelyke planne met Andisa Ntsila, wat ook ’n Cheetah word.

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.