Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs reeds lus vir Bul-vleis op Loftus

Loftus se vonkelwyn-voorraad is nog nie eens op nie en die Superrugby Unlocked-kampioen het reeds ’n teiken op sy rug.

Die Cheetahs se visier is nou op die Bulle ingestel ná die Vrystaters se oorwinning gisteraand met 28-9 oor Griekwas. Die Cheetahs bevind hulself in die vierde plek op die puntelys, met 17 ligapunte. Die Bulle is eerste met 23 punte.

BLOEMFONTEIN, SOUTH AFRICA - NOVEMBER 21:  Howard
Howard Mnisi in aksie in die Cheetahs se kragmeting met die Griekwas. Foto: Gallo Images

Met die Unlocked-reeks nou afgehandel, begin die Curriebeker-reeks dié week. Die Cheetahs het die komende naweek ’n loslootjie, waarna hulle die Bulle op Loftus Versfeld pak.

Hawies Fourie, die Cheetahs se breier, het geen geheim gemaak oor sy span se mikpunt vir daardie wedstryd nie.

“As ons die Bulle op die puntelys wil vang, sal ons hulle moet klop op Loftus wanneer ons ná twee weke van die loslootjie af terugkom,” sê Fourie.

“As ons daardie wedstryd verloor, sal ons meer as tien punte moet opvang en dit gaan baie moeilik wees, ek kan nie sien dat die Bulle meer as twee wedstryde uit die laaste vyf sal verloor nie. Dit maak daardie wedstryd baie belangrik, maar ons gaan die storie nie vooruitloop nie. Ons sal elke week kyk waar ons lê en wat ons moet doen om binne die topvier te eindig.”

Anders as met die Unlocked-reeks, sal daar ’n halfeindronde en ’n eindstryd in die Curriebekerreeks wees.

Fourie se mikpunt is dus vir eers om onder die voorste vier spanne te bly. Daarom was hy verheug oor die bonuspunt wat sy span gister teen Griekwas ingesamel het, veral gegewe hul swak eerste helfte en die reënerige toestande. Hy is net so bly dat die Bulle nie ’n bonuspunt teen die Pumas kon kry nie.

Die Cheetah-breier is ook optimisties oor die span se kanse in die Curriebekerreeks, ná ’n paar teleurstellende weke in die Unlocked-kompetisie.

Dit was ’n belangrike oorwinning vir ons.
Hawies Fourie

“Ons is in ’n oorgangsfase, maar al die ouens het nou gewoond geraak aan wat ons wil doen en hoe ons wil speel.

“Daar is ook ’n paar ouens wat in die volgende paar weke hul terugkeer van beserings sal maak, soos Wilmar Arnoldi (haker) en Reniel Hugo (slot), en Ruan Pienaar (skrumskakel) kan moontlik voor die einde Desember weer speel.

“Die laaste paar weke was nie goed nie, veral ná die afgelaste wedstryd teen die Leeus en daarna het ons ’n loslootjie gehad en toe swak gespeel teen die Haaie en Stormers. Dit was dus ’n belangrike oorwinning vir ons.”

Die Cheetah-agtsteman, Jeandré Rudolph, het hom gisteraand goed laat geld en dit lyk of hy sy voete by sy nuwe span gevind het. Die flank Aidon Davis is met ’n kuitbesering voor die wedstryd onttrek. Oupa Mohoje het hom vervang, maar lyk nog verroes.

Griekwas se skrumskakel, Zak Burger, het ’n goeie wedstryd beleef en sy agttal mooi aan die gang gehou.

Puntemakers:

Cheetahs 28 (8): Drieë: Andisa Ntsila, Howard Mnisi, Ruben de Haas, Jeandre Rudolph. Doelskoppe: Reinhardt Fortuin. Strafdoele: Schoeman (2).

Griekwas 9 (9): Strafdoele: Tinus de Beer (9)

Meer oor:  Superrugby Unlocked  |  Cheetahs  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.