Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs sal nie soos Faf maak, sê Hawies

Die span vir sy eerste Pro14-wedstryd in beheer van die Cheetahs was toe glad nie so moeilik om te kies nie, sê die afrigter, Hawies Fourie.

Fourie, sy afrigtingspan en die spelers het Dinsdag vir Saterdag se Pro14-wedstryd teen Connacht in Galway na Ierland gevlieg.

Die Cheetahs-losvoorspeler Jasper Wiese beur vroeër vandeesmaand vorentoe op die aanval teen Munster, terwyl die slot Billy Holland probeer keer. Foto: André Damons

Die Cheetahs se nuwe hoofafrigter sê met die uitsondering van ’n paar spelers het die span eintlik “homself gekies”.

’n Leemte is wel met die vertrek van Henco Venter (na die Haaie) gelaat. Die rol van agtsteman sal voortaan deur die begeesterde Jasper Wiese vervul word.

Hy het in elk van die Cheetahs se eerste drie wedstryde by die huis teen die Glasgow Warriors, Ulster en Munster 39 minute speelkans gekry.

“Jasper het nou ’n groot rol om te speel. Hy het aan die begin van die tweede helfte opgekom in al die (eerste) wedstryde, maar ek het vir hom gesê hy moet nou ’n speler word wat 80 minute kan speel. Hy sal ’n groot tree vorentoe in terme van sy kondisionering moet gee.

“Hy is ’n baie goeie baldraer en het ’n goeie aanvoeling vir die spel, so ek is opgewonde om hom in die beginspan te hê.

“Sias Koen sal weer op die plaasvervangersbank wees en een van die drie losvoorspelers vervang. Hy sal ook meer wedstrydtyd as in die eerste drie wedstryde kry,” sê Fourie.

Ons moet kyk hoe ons wil skop, wie die bal gaan jaag en wie bly terug.

Die afrigter het die terugkeer van die Namibiese Wêreldbeker-stut Aranos Coetzee verwelkom. Coetzee het verlede Donderdag vanaf Japan in Bloemfontein aangekom en Dinsdag weer op ’n vliegtuig na Ierland geklim.

“Aranos is ’n baie belangrike speler in ons span. Ons kon dit in die Curriebeker-reeks sien – nadat hy na Wêreldbeker is, was ons met skrumtyd in die moeilikheid. Ons is bly hy is terug.

“Luan (de Bruin) het van sy nekbesering herstel, so ons het nou twee werklik goeie vaskopstutte, wat ’n voordeel in die toestande oorsee sal wees.”

Fourie sê hy sal in sy eerste wedstryd as afrigter nie torring aan die manier waarop die span tot dusver gespeel het nie. Tog sal die toestande bepalend wees wat een of twee aspekte betref.

“Dit is vir my belangrik dat ons nie in ons kwartgebied te veel kanse vat nie en dat ons goed georganiseerd is. Elke ou het sy werk om te doen. Ons moet kyk hoe ons wil skop, wie die bal gaan jaag en wie bly terug. Hoe ons Connacht by die afbreekpunte gaan teiken, is iets waaraan ons baie tyd moes bestee.

“Maar, ons gaan nou nie soos Faf de Klerk (Springbok-skrumskakel) elke bal in die lug opskop nie. Ons gaan ook nie te veel kanse agter ons tien treë lyn vat nie,” sê Fourie.

* Ben Whitehouse van Wallis is die skeidsregter vir Saterdag se wedstryd.

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs  |  Hawies Fourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.