Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
VS sal ‘oor 3 weke’ lig op toekoms werp

Die bestuur van die Vrystaat-Cheetahs sal binne die volgende drie weke in ’n posisie wees om aan te kondig wat die toekoms vir die rugbyunie, die franchise en die span inhou.

Harold Verster, uitvoerende hoof van die Vrystaat-Cheetahs. Foto: Gallo Images

Dit is goeie nuus, nie net vir die bekommerde ondersteuners nie, maar ook vir die spelers wat meer sekerheid oor hul toekoms wil hê.

Dit volg ná die Pro14-afjak, toe hulle gehoor het dat die Bulle, Leeus, Stormers en Haaie Suid-Afrika voortaan in dié Europese kompetisie sal verteenwoordig.

Die unie sê in ’n verklaring die bestuur het die laaste paar weke ’n paar konstruktiewe vergaderings met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en belowende onderhandelinge met sy borge en potensiële beleggers gehad.

Harold Verster, uitvoerende hoof, het vandeesweek op die unie se jaarvergadering ook melding gemaak van dié vergaderings en beloof daar wag ’n blink toekoms. Hy kan in die stadium nie meer uitlap oor die planne op die tafel nie.

Ons is bewus daarvan dat ondersteuners gefrustreerd raak en wil weet wat die toekoms inhou.

Die verklaring lui Saru se besluit om die Cheetahs uit die Pro16-kompetisie te skop en die ontwrigting wat deur Covid-19 veroorsaak is, het die bestuur van die Cheetahs genoop om te herfokus, innoverend te dink en tradisionele rugbymodelle te herbou.

“As alles reg verloop, sal dit die Cheetahs op ’n nuwe, opwindende pad neem,” lui die verklaring.

“Ons is bewus daarvan dat ondersteuners gefrustreerd raak en wil weet wat die toekoms inhou.

“Ons vra hulle om geduldig te wees en ons te vertrou om besluite te neem wat in die beste belang van ons geliefde Cheetahs is.

“Sulke onderhandelinge duur altyd langer as wat die meeste verwag, aangesien verskeie partye betrokke is en dit ook aandag aan detail verg.”

Meer oor:  Bloemfontein  |  Vrystaat-Cheetahs  |  Harold Verster  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.