Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs sal Vrydag weet oor Potgieter

Die voormalige Springbok-losvoorspeler Jacques Potgieter se veelsydigheid het hom op die Cheetahs se inkopielys laat beland.

Potgieter kan op flank en op slot gebruik word.

“Dit is hoekom ons na hom kyk, omdat hy in albei daardie posisies kan speel,” sê Hawies Fourie, afrigter van die Vrystaters.

Fourie sê Potgieter (34) sal Vrydag aanmeld vir ’n reeks van toetse in Bloemfontein.

Jacques Potgieter, hier in aksie vir die Waratahs teen die Cheetahs, kan die Vrystaters se leemte op slot aanvul. Foto: Getty Images

Rapport het die naweek berig Potgieter kan sy loopbaan by die Cheetahs voortsit, nadat hy in 2017 laas hier eersterangse rugby gespeel het.

“Hy gaan mediese toetse doen en daar gaan ook na sy fiksheidsvlakke gekyk word omdat hy so lanklaas gespeel het,” sê Fourie.

’n Besluit sal daarna geneem word.

Potgieter het nog nie weer groot rugby gespeel nadat hy in 2019 van Toulon in Frankryk teruggetrek het na Pretoria nie.

Voor hy na Frankryk is het hy in bykans 50 wedstryde vir die Fukuoka Sanix Blues in Japan gespeel. Hoogtepunte in sy loopbaan sluit in drie verskynings in die Springbok-trui (in 2012) en Superrugby in die ligblou van die Bulle en die Waratahs. Saam met laasgenoemde het hy in 2014 Superrugby-glorie beleef.

Hy het slot gespeel toe die Aussies die Crusaders met 33-32 in die eindstryd in Sydney geklop het.

Potgieter, ’n groot en fisieke speler wat 1,94 m lank is, het in ’n vorige onderhoud gesê hy het destyds van sy beste rugby op slot vir die Waratahs gespeel.

Die Cheetahs het die laaste paar maande ’n allemintige ses slotte verloor.

Darem het Carl Wegner aangedui dat hy eers teen die middel van die jaar na Benetton in Italië sal vertrek, en dus beskikbaar kan wees vir die nuwe franchise-reeks, wat vir einde Februarie beplan word.

Jean Droste, wat voorheen vir die Bulle en Haaie gespeel het, is een van die nuwe slotte wat reeds gekontrakteer is.

Meer oor:  Cheetahs  |  Jacques Potgieter  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.