Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs se aanwinste vir virus getoets
Hawies Fourie, hoofafrigter van die Cheetahs. Foto: Gallo Images

’n Nuwe era het vandeesweek by die Cheetahs aangebreek toe ’n handvol spelers, wat deur Hawies Fourie, hoofafrigter, gekontrakteer is, vir diens in Bloemfontein aangemeld het.

Nog aanwinste sal hul op 1 November by die Cheetahs aansluit.

Hoewel Fourie aan die stuur van die Cheetahs was in die opgeskorte Pro14-reeks, sal hy vanjaar die eerste keer die hoofafrigter van die Curriebeker-span wees.

Die Vrystaat het in 2019 onder Franco Smith se afrigting die Goue Beker verower.

Fourie sê die spelers wat Woensdag by hulle ingeval het, moes almal eers vir die koronavirussiekte getoets word en daar word nou gewag vir die uitslae.

“Ons wag intussen nog vir goedkeuring van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie om in groepe te kan oefen en sodra ons toestemming kry, sal ons begin. Dit lyk in dié stadium of dit moontlik Maandag kan wees en ons hou duimvas daarvoor,” sê Fourie.

Reniel Hugo is een van die ervare spelers op wie se knoppie Hawies Fourie voortaan sal kan druk. Foto: Gallo Images

Van die nuwe spelers wie se kontrakte van 1 Julie geld is die slotte Reniel Hugo en Carl Wegner. Hulle het al vir die Cheetahs gespeel, maar nog nie onder Fourie as hoofafrigter nie.

Dan is daar ook nog die senter Howard Mnisi, wat vroeër in sy loopbaan in die Superrugby-reeks vir die Cheetahs diens gedoen het toe Fourie ’n hulpafrigter was.

Die losskakel van die Maties Reinhardt Fortuin is nog ’n speler wat kom nesskop in Bloemfontein en die losvoorspeler Andisa Ntsila het ook Woensdag ’n Cheetah geword.

“Wat die nuwe spelers betref, glo ek dat elke ou sy plek in die span moet verdien, so elkeen wat nuut inkom gaan veg vir ’n plek. Niemand gaan in die span instap nie,” sê Fourie.

Hy sê hulle kry ’n mengsel van ervaring en jeug met die gekontrakteerdes, veral as daar gekyk woed na spelers soos Hugo, wat in 2016 lid was van die Vrystaat-span wat toe ook die Curriebeker gewen het.

Wegner en Mnisi is ook gesoute spelers, wat al baie seisoene op ’n hoë vlak gespeel het.

“Frans (Steyn) is nog nie by die span nie, hy is in die land, maar in isolasie. Dis nog nie seker presies wanneer sy isolasie verby is nie. Wat Reinhardt betref, het hy die laaste drie jaar vir Maties in die Varsitybeker-reeks gespeel.”

Frans (Steyn) is nog nie by die span nie, hy is in die land, maar in isolasie. Dis nog nie seker presies wanneer sy isolasie verby is nie.
Hawies Fourie

“Andisa was ’n bietjie in die rugbywildernis gewees die laaste jaar, maar hy het 50 wedstryde vir die Southern Kings gespeel en hy het ook vir die Suid-Afrikaanse A-span gespeel. Hy is ’n gehaltespeler.

“Dit gaan ons diepte versterk, want vorentoe is daar heelwat spelers wie se kontrakte in Oktober verstryk.

“Van 1 November vanjaar tot einde volgende jaar gaan ons groep kleiner wees en ons nie die luuksheid van die diepte hê, wat ons nou het nie, maar ek is steeds tevrede met die gehalte van ons groep,” sê Fourie.

Meer oor:  Frans Steyn  |  Reniel Hugo  |  Hawies Fourie  |  Bloemfontein  |  Toetse  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Rugby  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.