Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
VS se Bulle-skakelpaar teen ou span

Twee voormalige Blou Bulle, Tian Schoeman (losskakel) en Rudy Paige (skrumskakel), kan Vrydag die skakelpaar teen hul voormalige span in die Vrystaat-Cheetahs se eerste Curriebeker-wedstryd in Bloemfontein wees.

Die slot Walt Steenkamp (links) en die skrumskakel Tian Meyer pronk met die Vrystaat-Cheetahs se nuwe Curriebeker-truie. Foto: Mlungisi Louw

Schoeman is een van ’n handvol losskakels waaroor die Cheetahs die seisoen beskik, terwyl die span ook net soveel diepte op skrumskakel het.

Die 23-tal van Vrystaat-Cheetahs wat Woensdag aangewys word vir die eerste Curriebeker-wedstryd, behoort terselfdertyd ’n aanduiding te wees van hoe die Pro14-span gaan lyk.

Die Pro14-spelers is net vir die eerste twee Curriebeker-wedstryde beskikbaar.

’n Vergrote groep van 57 spelers vir albei reekse is Dinsdagaand op ’n plegtigheid by die Toyota-stadion in die Rosestad bekend gemaak.

Die verwagting is dat die Pro14-groep speelkans in die eerste twee Curriebeker-wedstryde teen die Blou Bulle en Westelike Provinsie gaan kry.

Die Cheetahs se eerste Pro14-wedstryd is teen Munster op 1 September in Limerick, Ierland.

Dit gaan interessant wees om te sien wie die laaste vesting Vrydag beman.

’n Speler soos Malcolm Jaer, wat verlede seisoen weens beserings net drie Curriebeker- en drie Pro14-wedstryde gespeel het, is een van slegs twee heelagters in die groep. Adriaan Carelse van die Boland kan ook betrek word, terwyl een van die losskakels in die groep ook daar ingespan kan word as die nood druk.

Jaer het vroeër die week las van ’n kniebesering gehad, maar hy behoort na wat verneem word die naweek reg te wees.

Die Cheetahs sal ook nog die naweek sonder die dienste van die stut Aranos Coetzee moet klaarkom. Hy speel Saterdag in Windhoek vir Namibië in hul laaste Gold Cup-wedstryd teen Kenia, wat ook dien as hul laaste kwalifiseerder vir volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi.

In ’n verrassende skuif in die agttal, kan die haker Joseph Dweba sy kans in die opdrafspan kry wanneer die span Woensdag aangekondig word.

Volledige groep vir die seisoen: 

Voorspelers: Justin Basson, Aranos Coetzee, Aidon Davis, Luan de Bruin, Erich de Jager, JP du Preez, Jacques du Toit, Joseph Dweba, Elandré Huggett, Gunther Janse van Vuuren, Alex Jonker, Niell Jordaan, Johan Kotze, Daniel Maartens, Stephan Malan, Charles Marais, Oupa Mohoje, Ox Nche, Gerhard Olivier, Junior Pokomela, Siba Qoma, Jannes Snyman, Walt Steenkamp, Marnus van der Merwe, Luigy van Jaarsveld, Stefan van Schalkwyk, Reinach Venter, Boan Venter, Ntokozo Vidima, Dennis Visser, Quintin Vorster, Jasper Wiese.

Agterspelers: Dian Badenhorst, Adriaan Carelse, Carel-Jan Coetzee, Ruben de Haas, Ryno Eksteen, Louis Fouché, Lloyd Greeff, Malcolm Jaer, Benhard Janse van Rensburg, Tertius Kruger, Nico Lee, Vuyani Maqina, Rabs Maxwane, Tian Meyer, Ali Mgijima, Zee Mkhabela, Rudy Paige, Tian Schoeman, William Small-Smith, Neil Stannard, Ernst Stapelberg, Dries Swanepoel, Ruan van Rensburg, Shaun Venter.

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.