Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs se bulslot Sintu ook beesboer
Die Cheetahs se breker-slot Sintu Manjezi, word op die aanval nie sommer platgetrek nie. Foto: Gallo Images

Dat die Cheetahs se slot Sintu Manjezi op die veld, van die lynstane tot by die afbreekpunte ’n breker is, is g’n toeval nie, hy het al op tweejarige ouderdom begin koppe stamp – met ’n ram.

Daar was toe reeds gespot as hy kans sien om met ’n ram slaags te raak, kan hy dalk eendag ’n goeie rugbyspeler word.

Nou 22 jaar later is hy is nie net ’n bedrewe rugbyspeler nie, maar sit hy ook hand by as dit kom by die familieboerdery.

Hy sê hy kan nie die dag onthou toe hy en die ram koppe gestamp het nie, omdat hy nog te klein was, maar hy word gereeld daaraan herinner.

Hy sê hy kan nie die dag onthou toe hy en die ram koppe gestamp het nie, omdat hy nog te klein was, maar hy word gereeld daaraan herinner.

Die uitgebreide Manjezi-familie boer in die landelike dorpies Hamburg en Wesley by Peddie, tussen King William’s Town en Makhanda.

Die 24-jarige Manjezi, ’n boorling van Oos-Londen in die Oos-Kaap, het sedert sy aankoms by die Cheetahs verlede seisoen van Griekwas, ’n belangrike skakel in die span geword.

Maar, sê hy, hy het tyd weg van rugby af ook nodig en dit is waar sy liefde vir die familie se Bonsmara-stoetery ’n belangrike rol speel.

“Dis belangrik vir my om weg te breek van rugby as die geleentheid daar is en om huis toe te gaan en tyd met die familie deur te bring is iets waarna ek altyd uitsien.

Die Manjezi-trots. 'n Bord wat die plaas Dilaza aandui.

“My oom is die een wat die boerdery hanteer en ek sit graag hand by as ek by die huis is. Boerdery kom al geslagte saam met ons familie en ek hou daarvan om betrokke te wees en te help waar ek kan, maar ek twyfel of ek dit voltyds sal doen,” sê Manjezi.

Hy glo niks kan sonder harde werk en toewyding bereik word nie, en dit is ook wat hy by die Cheetahs toepas.

“Ek glo ek het daardie les in rugby geleer en my pa (Xolile) sê altyd “as ek my doelwitte wil bereik, dan móét ek hard werk”.

Hy sê hy sal eendag as hy klaar is met rugby ’n skuif na die sakewêreld wil maak. Hy is juis besig met ’n graad in ekonomie deur Unisa.

Maar terug by die boerdery, sê hy hoewel hy in Oos-Londen gebore is, is Peddie waar sy voorvaders vandaan kom, sy voorvaderlike tuiste.

“My oupagrootjies het hoofsaaklik met lewende hawe geboer en het verskeie plase langs die kus en in Peddie besit.

“Van dié plase is van geslag tot geslag oorgedra en op dié manier aan die gang gehou deur verskille familielede.

Van dié plase is van geslag tot geslag oorgedra en op dié manier aan die gang gehou deur verskille familielede.
Sintu Manjezi

Vandag is daar egter net twee plase in die familie – Seaview in Hamburg en Dilaza in Wesley.”

Manjezi se oupa het die Bonsmara-stoetery by Wesley begin en tot sy dood ’n paar jaar gelede, is daar met Bonsmara-bulle geteel, sê dié bul van ’n slot.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Bloemfontein  |  Rugby  |  Slot  |  Boerdery  |  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.