Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs sê Dinsdag oor Franco

Die Vrystaat Cheetahs (Edms.) Bpk. sal na verwagting Dinsdag aankondig dat Franco Smith wel nog vir die Curriebeker-reeks die provinsie se hoofafrigter sal wees.

Smith word verbind met ’n pos as Italië se hoofafrigter en hy kan nog voor die einde van die jaar terugkeer na Italië waar hy voorheen Treviso se afrigter was.

Franco Smith
Franco Smith. Foto: Getty Images

Die Vrystaat Cheetahs (Edms.) Bpk. gaan Dinsdag uiteindelik die stilswye verbreek. Sedert die berigte rugbaar geword het, is alle personeel by die unie verbied om enige iets oor die kwessie openbaar te maak.

Die Vrystaat Cheetahs (Edms.) Bpk. het Maandag aangekondig dat hy Dinsdag om 12:00 by die Toyota-stadion ’n mediakonferensie sal hou “oor die posisie van Smith, die nuwe afrigter van die Cheetahs en die weg vorentoe”.

’n Verrassende aankondiging is nie uitgesluit nie, maar die proses vorentoe en hoe te werk gegaan sal word, sal na verneem word merendeels op dié konferensie uitgestippel word. 

Geen name van ’n moontlike opvolger of kortlys van kandidate gaan in die stadium bekend gemaak word nie en dit is ook nie seker of die nuwe afrigter dalk reeds tydens die Curriebeker-reeks saam met Smith ’n voorsmaak sal kry nie.

Rassie Erasmus, Bok-afrigter, is intussen betrek by die proses om ’n nuwe afrigter aan te stel.

Hy was ’n dag in Bloemfontein en het ná die samesprekinge met die ringkoppe bevestig hy moet help in die proses.

Die Vrystaat Cheetahs (Edms.) Bpk. sal hopelik Dinsdag ook meer lig werp op Saru se nuwe kontrakteringstelsel waarby die Cheetahs sal baatvind.

Vroeër, met die aankondiging dat Smith kan terugkeer na Italië, het Hawies Fourie se naam eerste opgeduik as ’n moontlike opvolger vir hom.

Fourie, afrigter van die seëvierende Maties, was voorheen ’n hulpafrigter van die Cheetahs.

Sedertdien is die naam van Deon Davids, afrigter van die Southern Kings, ook genoem.

Matt Proudfoot, die Bokke-hulpafrigter, se naam het ook opgekom.

Jonathan Mokuena van die Pukke en Jimmy Stonehouse van die Pumas het hul aansoek oor die naweek bevestig. 

Meer oor:  Cheetahs  |  Franco Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.