Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs sê Dragons is g’n slaansak
Shaun Venter in aksie teen die Ospreys die afgelope naweek. Hy sal na verwagting weer die span teen die Dragons aanvoer.Foto: Gallo Images

Op die oog af behoort die Cheetahs se Pro14-wedstryd teen die Dragons Saterdag in Bloemfontein ’n aansienlik makliker een te wees, maar hulle gaan dit nie as vanselfsprekend aanvaar nie.

So sê Shaun Venter, die Cheetahs se kaptein en skrumskakel.

Volgens hom kan die Walliesers nie onderskat word nie, al lê hulle ook onderaan die puntelys van Afdeling B.

Die Dragons blaas dié seisoen maar min vuur en het ook Sondag in Port Elizabeth met 18 elk gelykop gespeel teen die ander melkkoei van die reeks, die Southern Kings.

“Dit lyk dalk makliker (die wedstryd teen die Dragons as die een teen die Ospreys verlede week), maar dit is nooit die geval nie. ’n Ou kan geen span in die kompetisie onderskat nie, so ons fokus is nog steeds daarop om te wen en ver te wen. Ons benader nie die wedstryd as een teen ’n span wat onderaan die puntelys lê nie,” sê Venter.

’n Ou kan geen span in die kompetisie onderskat nie, so ons fokus is nog steeds daarop om te wen en ver te wen.
Shaun Venter

Wat die voorbereiding betref, het die Cheetahs Maandag nabetragting gedoen oor hul gebreke in die wedstryd teen die Ospreys die naweek, waarin hulle met 14 – 31 vasgeval het.

Vanweë swaar reën Maandag was die oefenveld te nat om noemenswaardige slypwerk te doen en sal hulle Woensdag hul voorbereiding in alle erns voortsit.

Oor die feit dat die Cheetahs in hul nege tuiswedstryde dié seisoen nog net vier kon wen en ’n gelykop uitslag behaal, sê Venter is hulle uiteraard moeg daarvoor om te verloor.

“Enige span wat verloor, gaan moedeloos wees. Dis nie lekker vir enige speler om te verloor nie – veral nie as jy so hard werk nie. Maar, as een van die leiers in die groep, kan ek nie werklik bekostig om moedeloos te raak nie. Die spelers mag dit nie sien nie, anders gaan dit oorspoel na die res van die groep en dit kan ons nie bekostig nie.

William Small-Smith

“Dit verg kophou en vorentoe kyk na wat in die volgende wedstryd moet gebeur. Die vorige wedstryd moet jy agter jou plaas,” sê die kaptein.

Daar behoort vir die wedstryd teen die Dragons slegs geringe veranderinge aan die span aangebring te word. Een van hulle sal noodgedwonge wees, met die beseerde regtervleuel William Small-Smith (knie) wat vervang moet word.

Franco Smith, afrigter van die Cheetahs, sê met slegs twee wedstryde oor in die reeks oorweeg hy nie grootskeepse veranderinge nie.

Meer oor:  Shaun Venter  |  Franco Smith  |  Bloemfontein  |  Cheetahs  |  Dragons  |  Pro14-Reeks  |  Kaptein  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.