Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Dweba haal Pro14-droomspan

Die haker Joseph Dweba, wat vroeër vanjaar nog vir die Cheetahs uitgedraf het, is die enigste speler uit die twee Suid-Afrikaanse spanne in dié kompetisie wat die seisoen se Pro14-droomspan gehaal het.

Joseph Dweba vroeër in ’n Pro14-wedstryd teen Munster in aksie. Foto: Gallo Images

Dweba, wat intussen sy loopbaan by Bordeaux-Begles in Frankryk gaan voortsit het, het sewe drieë in die verkorte kompetisie gedruk.

Medialede van al vyf die deelnemende lande, wat voormalige spelers en afrigters insluit, het die span deur stemme bepaal. Spelers moes in minstens agt wedstryde gespeel het.

Sewe spanne word in vanjaar se droomspan verteenwoordig.

Edinburgh se ses spelers is die meeste. Drie van hulle is Suid-Afrikaners. Hulle is die stut Pierre Schoeman, wat voorheen vir die Bulle gespeel het, die losskakel Jaco van der Walt, wat die Leeus vroeër verteenwoordig het en die vleuel Duhan van der Merwe, wat vir die Blou Bulle en Suidwestelike Distrikte gespeel het.

Die vleuel Rabz Maxwane was die vorige seisoen die enigste Cheetah in die droomspan. Hy was toe die top-driedrukker in die kompetisie. Sewe van die spelers van dié vorige droomspan is weer in hierdie seisoen se uitsoekspan ingesluit. Schoeman is een van hulle.

Die spelers se Speler van die Jaar en die Afrigter van die Jaar word Donderdag aangewys.

Pro14-droomspan vir 2019-’20: Blair Kinghorn (Edinburgh), Monty Ioane (Benetton), Rey Lee-Lo (Cardiff Blues), Stuart McCloskey (Ulster), Duhan van der Merwe (Edinburgh), Jaco van der Walt (Edinburgh), John Cooney (Ulster), Bill Mata (Edinburgh), Will Connors (Leinster), Max Deegan (Leinster), Grant Gilchrist (Edinburgh), Scott Fardy (Leinster), Leon Brown (Dragons), Joseph Dweba (Cheetahs), Pierre Schoeman (Edinburgh). – Sportredaksie

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs  |  Joseph Dweba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.