Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs-senter Nico Lee in die sop

Die Cheetahs se senter Nico Lee sal Woensdag hoor of hy in hulle Pro14-wedstryd teen die Scarlets Sondag in Llanelli gaan speel nadat hy vir ’n oortreding in die vorige toerwedstryd uitgewys is.

Nico Lee in Saterdag se wedstryd teen Connacht. Hier kry die flank Eoin McKeon hom beet. Foto: Gallo Images

Die voorval het volgens ’n verklaring van die Pro14-reeks se dissiplinêre komitee in die 64ste minuut van die Cheetahs se wedstryd teen Connacht Saterdag in Galway plaasgevind.

Die tuisspan se Australiese flank Colby Fainga’a was die ander speler betrokke.

Luidens ’n verklaring is Lee deur die uitwysbeampte uitgeken vir ’n beweerde voorval waartydens hy reël 9.2 – ’n speler mag nie iets doen wat teen goeie sportmanskap indruis nie – oortree het.

Lee is vroeër in die 32ste minuut van die wedstryd met ’n geelkaart weens ’n hoogvat deur die skeidsregter Nigel Owens van die veld af gestuur.

Die dissiplinêre komitee, bestaande uit Owain Rhys James (voorsitter), Richard Cole en Nigel Williams, almal van Wallis, vergader Woensdag in Cardiff om Lee se lot te bepaal.

As voorsorgmaatreël het Benhard Janse van Rensburg, wat ’n harsingskuddingprotokol voltooi het, Dinsdagmiddag Wallis toe gevlieg sou Lee deur die dissiplinêre komitee geskors word.

* Nog nuus vanuit die Cheetahs se kamp is dat dit beter gaan met die stutte Ox Nche, wat las van ’n kniebesering het en Charles Marais wat verlede week voedselvergiftiging op die vliegtuig onderweg Ierland toe opgedoen het.

Dit lyk in die stadium of Marais – wat baie gewig verloor het – nie beskikbaar sal wees vir Sondag se wedstryd nie, terwyl Nche tot Vrydag kans gegun word om sy fiksheid te bewys.

Daar was aanvanklik gevrees dat Nche dié wedstryd sou misloop, maar sy kanse lyk al hoe beter om te kan speel.

Hy is in die Cheetahs se laaste tuiswedstryd teen die Southern Kings op die nippertjie uit die beginspan onttrek. Die ou grote se knie het Saterdag teen Connacht weer gelol.

Meer oor:  Scarlets  |  Connacht  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Nico Lee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.