Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs se Tian val in by Bath

Die Cheetahs se Tian Schoeman het Dinsdag die eerste keer by sy nuwe span, die Engelse rugbyklub Bath, vir oefening aangemeld.

Tian Schoeman het die Cheetahs vir Bath in Engeland verruil. Foto: Getty Images

Dié losskakel kan met die hervatting van die Engelse seisoen op 29 Januarie teen die Bristol Bears in Bristol sy buiging maak, berig somersetlive.co.uk.

Die 29-jarige Schoeman was sedert 6 Januarie, met sy aankoms in Engeland, in selfkwarantyn.

Sy kontrak met Bath is vir ’n jaar en ’n half.

Dit het in November aan die lig gekom dat Schoeman weens al die onsekerheid oor die Cheetahs se toekoms die Vrystaters gaan verlaat. Hy het toe in net een Curriebeker-wedstryd – teen die Leeus – gespeel.

Schoeman het in 2017 en 2018 vir Bordeaux in Frankryk se Top-14-kompetsie gespeel voordat hy ’n Bloemfonteiner geword het.

Hy was tussen 2013 en 2016 by die Blou Bulle en het die Bulle in 35 Superrugby-wedstryde verteenwoordig.

Bath sal binnekort ook ’n amptelike aankondiging maak oor die Vrystaat-haker Jacques du Toit, wat ’n korter kontrak met die klub gesluit het. – Sportredaksie

Meer oor:  Tian Schoeman  |  Cheetahs  |  Bath  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.