Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs se Zimbabwiër wag steeds

’n Besluit oor die Cheetah-stutte Ox Nche (kniebesering) en Charles Marais (voedselvergiftiging) se deelname aan Sondag se Pro14-wedstryd teen die Scarlets, sal eers Dinsdag geneem word.

Dis nog onseker of Ox Nche betyds van ’n kniebesering gaan herstel om Sondag teen die Scarlets in Wallis te speel. Foto: Gallo Images

Die toergroep het Maandag in Wallis aangekom vir die kragmeting in Llanelli en die Cheetahs-afrigter, Franco Smith, is optimisties dat dié twee voorrymanne sal kan aanbly.

“In dié stadium is ons baie positief oor hulle. As ons wel besluit om ’n speler oor te vlieg, sal dit iemand soos Erich de Jager óf Boan Venter wees, maar daardie besluit sal nader aan die tyd geneem word,” het Smith gesê.

Nche, wat Ierland toe gevlieg het met die kniebesering, het dit in die afgelope naweek se nederlaag teen Connacht vererger. Marais het voedselvergiftiging op die vliegtuig soontoe opgedoen.

Marais het laat weet dat dit elke dag beter gaan. Ook Nche sê dat sy knie al beter voel.

Dinge lyk egter nie so goed vir die Cheetahs se Zimbabwiese heelagter, Tapiwa Mafura, nie.

Hy kon hom nie verlede week by sy spanmaats aansluit vir die wedstryd teen Connacht nie, omdat sy aansoek vir ’n Schengen-visum nog goedgekeur moes word.

Hy kan tot so lank as tien werksdae vir dié proses wag om afgehandel te word. Die Cheetahs se derde en laaste wedstryd teen Leinster is op 1 Maart.

Tapiwa Mafura is oorgehaal om sy buiging vir die Cheetahs te maak. Foto: Gallo Images

Hy beskik wel oor ’n Britse visum, maar dis te betwyfel of hy Wallis toe sal reis sonder dat hy ’n Schengen-visum het vir die volgende week se kragmeting.

Die Cheetahs en Scarlets bevind hulle intussen in dieselfde bootjie.

Albei het die naweek verloor. Die Scarlets met 19-25 teen Treviso en die Cheetahs met 17-25 teen Connacht. Albei het nou 36 ligapunte.

Die Scarlets beklee die vyfde plek in Konferensie B, terwyl die Cheetahs sesde in Konferensie A lê ná 15 wedstryde.

Smith glo daar was genoeg positiewe aspekte uit hul vertoning teen Connacht om oor opgewonde te raak en dat hulle met ’n paar klein verstellings goed met die Walliesers sal meeding.

Die Cheetahs het verlede seisoen se ooreenstemmende wedstryd in Bloemfontein met 28-21 gewen. Hul tjank is egter afgetrap in die uitspeelstryd om ’n plek in die halfeindronde, toe die Scarlets (toé die verdedigende kampioen) hulle met 43-8 afgeransel het.

Meer oor:  Scarlets  |  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.